Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
UV-dosent ontwikkel app vir musiekleke
Dr. Frelét de Villiers

’n DOSENT aan die Odeion se Skool vir Musiek (OSM) aan die Universiteit van die Vrystaat ontwikkel nou ’n innoverende selfoon app om musiek te bevorder.

Dr. Frelét de Villiers se Notes & Fun is daarop gemik om mense wat met klavierlesse begin, te help met notering en ritmiese patrone.

Die app vertoon note, frases en ritmiese patrone op die foon of tablet en gebruik die ingeboude mikrofoon om die frekwensie van die note wat op die klavier gespeel word, te meet. Dit sal aandui of jy reg of verkeerd speel en wanneer jy ’n fout maak, sal die regte noot vertoon word.

Notes & Fun bestaan uit verskillende vlakke, elkeen met ’n oefen en toets-modus wat geleidelik moeiliker word.

As aanvoorprojek sal Maxxor, ’n ontwikkelingsonderneming in Kaapstad, ’n demonstrasie-app ontwikkel wat afgelaai kan word sodat die app getoets kan word en mense te-rugvoer kan gee.

Sodra die proses klaar is, sal dit op sosiale media bemark word.

Die aanvanklike app sal gratis wees, maar daaropvolgende vlakke sal gekoop moet word.

De Villiers sê die wonderlike deel van dié app is dat musiek ’n universele taal is en dit internasionaal bemark kan word.

Sy het ook die inisiatief ingeskryf as projek by ’n Amerikaanse werkskeppingsuitda-ging genaamd enterPRIZE. Haar app het ’n derde plek behaal in die kategorie vir die mees innoverende projek.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.