Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Akademie bekroon prestasies

’n Vervaardiger van TV-programme en wêreldbekende Ndebele-kunstenaar is onder die wenners wat vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon is. Wenners in die ander afdelings is:

  • Die Deleen Bekker-prys vir die beste dokumentêre televisiedraaiboek in Afrikaans word toegeken aan die vervaardiger Carien Loubser vir die reeks Madiba: ’n Uitsonderlike roeping, episode 1.
Esther Nikwambi Mahlangu
Dr. Esther Nikwambi Mahlangu
  • Die erepenning vir visuele kunste is toegeken aan dr. Esther Nikwambi Mahlangu. Mahlangu is oor die wêreld heen bekend vir die monumentale muurskilderye wat sy al gemaak het in kunsmuseums van Italië tot Amerika. Die beskeie Mahlangu se werk is uitsluitlik gemotiveer deur haar Ndebele-erfenis en die oordra daarvan aan geslagte ná haar. Sy het al verskeie pryse ontvang, onder meer die Orde van Ikhamanga silwerklas in 2006, die Mpumalanga-kuns- en-kultuurprys en ’n prys van die ministerie van kultuur van Frankryk. 
  • Die M.T. Steyn-prys vir natuurwetenskaplike en tegniese prestasie gaan aan prof. Ben-Erik van Wyk van die departement van plant- en plantbiotegnologie van die Universiteit van Johannesburg. Van Wyk is ’n internasionale leier op die gebied van die benutting van inheemse plante en planttaksonomie en is een van die produktiefste planttaksonome ter wêreld.
  • Besondere erepennings word toegeken aan prof. Antony Melck, wat tans in Oostenryk woon, en Tommie van Zyl, uitvoerende hoof van ZZ2.
  • Prof. J.J. (Das) Steÿn, emeritusprofessor in die departement van stad-enstreeksbeplanning van die Universiteit van die Vrystaat, ontvang die Stals-prys vir stad-en-streeksbeplanning. Die prys is aan Steÿn toegeken onder meer op grond van sy talle publikasies in Afrikaans en die belangrike rol wat hy in die beplanningsprofessie in Suid-Afrika gespeel het.
  • Die erepenning van die fakulteit natuurwetenskap en tegnologie word aan prof. D.G. Hattingh, direkteur van eNtsa en professor in meganiese ingenieurswese, Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth, toegeken. Hattingh word vereer vir sy bydrae op die gebied van wrywingsweistegniek en van metaalturbines en hoëdruk-/ hoë temperatuurpype. Hierdie tegnieke word tans as standaardprosedures toegepas deur Eskom en Sasol.
  • Prof. Pieter J. Fourie van die departement van kommunikasiewetenskap van Unisa kry die Esther Greeff-prys vir ’n hoogstaande artikel in geesteswetenskappe. Sy artikel “Die invloed van die digitale medialandskap op mediateorie: Van effekteorie tot mediatiseringsteorie” wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jg. 58, 4(1), Desember 2018, verskyn het. 
  • Theo Busschau van die Universiteit Stellenbosch kry die Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje vir sy verhandeling: “Phylogeographic patterning of three co-distributed forest dwelling rep­tile species along the east coast of South Africa.”
  • Die Poortprys vir skeppende bydraes in prosa deur ’n gr. 10- tot 12-leerling gaan aan Rachelle du Preez van die Hoërskool Bonnievale en dié vir poësie gaan aan Suné Mostert van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley.
  • Die wenontwerp van die voorblad vir die Poort-bundel was die werk van Chrizelle Strydom van die Hoërskool Upington.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.