Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Akteur beter, maar ‘lang pad lê voor'
Die akteur Cobus Visser (70)Foto: Argief

Dit het teen Saterdagaand beter gegaan met die akteur Cobus Visser (70) nadat die ergste in ’n stadium verwag is.

Hy was geruime tyd lank in ’n kritieke toestand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria en reeds drie dae nie by sy volle bewussyn nie.

Sy suster, Louise Viljoen, by wie hy in Pretoria woon, het vroeër aan Marita Herselman gesê hy is in ’n semi-koma en op suurstof.

Die akteur is ’n week gelede in die hospitaal opgeneem weens hartversaking.

Saterdagaand het Viljoen egter gesê dit gaan “definitief” beter met haar broer.

“Hy is uit die koma uit en praat – weliswaar deurmekaar en die dokter sê daar is nog heelwat probleme, maar hy is nie meer in ’n koma nie en die saalsuster het ook gesê Cobus is beter,” sê Viljoen.

Sy besef daar is nog ’n lang pad wat vir haar broer voorlê.

“Hy het so 12 jaar gelede ook hartversaking gehad, maar toe was hy jonger. Dié keer gaan dit dalk ’n taaier stryd wees, maar die ondersteuning wat ons kry, is wonderlik,” sê sy.

* Visser vertolk die karakter van Brand Louw in die kykNET-televisiereeks Huis Lelieveld, wat deur Willie Esterhuizen geskryf en vervaardig is.

Netwerk24 het vroeër berig sy kollegas, onder andere die aktrise Lizz Meiring, het hom Vrydag in die hospitaal besoek.

Meer oor:  Pretoria  |  Cobus Visser  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.