Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Beste uit Bond-flieks in Odeion uitgevoer
Cézanne Yzelle

Die temamusiek in die James Bond-flieks is net so bekend soos dié fiktiewe karakter. Of jy hom 007 noem, agent M16 of Bond, James Bond, oral sal mense weet waarvan jy praat.

Uit die 24 Bond-flieks wat sedert 1962 verskyn het, het die dirigent Paul Loeb van Zuilenburg die temamusiek van 18 daarvan in ’n program saamgestel wat die Bloemfontein Filharmoniese Orkes (BFO) binnekort sal uitvoer. Dit sluit musiek in uitdie eerste Bond-rolprent, Dr. No, en die laaste ene, Spectre, wat in 2015 verskyn het.

Die sangers is Cézanne Yzelle van Bloemfontein en Jarrad Ricketts van Kaapstad, wat verskeie kere al saam met die BFO opgetree het. Ekstra koperblaasspelers sal help om tot ’n klank so na as moontlik aan dié in die rolprente by te dra.

Die liedere wat Yzelle en Ricketts saam sal sing, is uit Goldfinger, Diamonds Are Forever, “Writing’s on the wall” uit Spectre, Licence to Kill en Skyfall.

Jarrad Ricketts

Jarrad sal gehoor word met onder meer A View to a Kill, Thunderball en Live and Let Die.

Yzelle se solo-bydrae is The World Is Not Enough en You Only Live Twice.

Die orkes open die program met die 007-ouverture en sal ook “You Know My Name” uit Casino Royale, Dr. No se temamusiek en “Flight into Space” uit Moonraker speel.

Die James Bond-rolprente gaan oor die fiktiewe Britse geheimediensagent 007 wat in 1953 deur die skrywer Ian Fleming geskep is en uiteindelik in 12 romans en twee versamelings kortverhale sy slag gewys het.

Sedert Spectre in 2015 verskyn het, spekuleer James Bond-aanhangers oor wie die Bond-mantel by Daniel Craig gaan oorneem. Die jongste inligting is dat Craig nog ’n laaste keer die rol sal vertolk in ’n fliek waarvan die verfilming pas begin het, maar wat nog titelloos is. Een van die nuwe gesigte in die prent is Rami Malek, die akteur wat Freddie Mercury in Bohemian Rhapsody vertolk het waarvoor hy ’n Oscar ontvang het.* The Best of Bond: 19 en 20 Julie om 19:30 in die Odeion-teater op die Kovsiekampus. Die kaartjies kos van R110 tot R165 by Computicket.

Meer oor:  Musiek  |  Bond  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.