Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Bloem spog met Valentynsbal vol glans en glorie
Bo van links is Arend Brink (tjellis), Debbie Brink (pianis en dirigent), Johann van Deventer (kontrabas), Petrus van Wyk (kitaar), Arend Brink jr. en onder van links Angelo Mocke (tromspeler), Mario Lategan, Cézanne Yzelle, Mossie Mostert (saxofoon) en Richard Reid (viool).

Begeer jy om, soos in romantiese periodeflieks, jou swierigste uitrusting aan te trek en oor die dansvloer te sweef op die maat van die mooiste musiek gespeel deur ’n regte orkes? Of verkies jy om net te kyk en te luister? Dan is Arco Musica se Bling & Black Tie Ball die aangewese geleentheid. Dit val vanjaar boonop op Valentynsdag.

Arend Brink, tjellis en stigter van Arco Musica, sê ’n soortgelyke glansaand was voorheen so gewild dat hulle nie anders kan as om dit weer aan te bied en weer die eertydse glorie in die gerestoureerde Ramblers-saal in Bloemfontein te laat herleef nie.

Musiek is die hoofdis van die aand en waar Arco Musica betrokke is, kan jy ’n sorgvuldig gekose program verwag. Vir die geleentheid is liedjies gekies wat uitstekende dansnommers is én aangename luistermusiek vir dié wat nie in dans belang stel nie.

Daar is onder meer “Il Mondo”, “Kaptein, span die seile”, “Have You Ever Seen the Rain”, “Simply the Best”, “Despacito” en “Don’t Stop Believing”, terwyl liedjies soos “Grande Amore”, “Lady in Red” en “Titanium” gekies is om die bling van die aand vas te vang, sê Brink.

Die orkes bestaan uit tien spelers en die sangers is die bekende Arend Brink jr., Cézanne Yzelle en Mario Lategan, wat ook die seremoniemeester is.

Bling & Black Tie Ball, ’n stylvolle geleentheid, is op 14 Februarie om 19:00 in Ramblers se balsaal. Enkelkaartjies kos R370 (ete ingesluit) by Computicket. Vir groep- en tafelbesprekings skakel Arco Musica by 083 259 2226.

Meer oor:  Musiek  |  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.