Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Casper wen prys, stal sy kuns uit
Casper de Vries se kunsuitstalling, Kleur my Cassie, het Sondag in die Alice-galery in Ruimsig, Roodepoort, begin. Foto: Simon Sonnekus

Vir Casper de Vries, alias Greetje Appelmoes, het dit Saterdagaand soos ’n familiereünie gevoel toe hy met ’n Comics’ Choice-prys vir sy lewensbydrae tot komedie vereer is.

Talle van die topkomediante in die land het De Vries uitgesonder vir die prys.

“Dit was ongelooflik om te weet al my kollegas glo ek het die prys verdien,” het hy aan Netwerk24 gesê.

Wat belangrik is, is dat dit nie Huisgenoot of die ATKV is wat bepaal wie die prys kry nie, maar die kern van die bedryf, het hy gesê.

“Dit is goed om te weet ek het die prys gewen omdat ek eintlik snaaks was.”

Sondag het hy sy kunsuitstalling, Kleur my Cassie, in die Alice-galery in Ruimsig, Roodepoort, geopen.

Volgens De Vries werk hy tussendeur ander projekte aan sy kunswerke en 34 van sy skilderye hang tans in die galery.

“Ek was nog altyd mal daaroor om te skilder en ek het nog baie planne wat ek op die skilderdoek wil vaslê, maar hierdie uitstalling het vereis dat ek meer fokus op die natuur en landskappe.

“Ek moes fokus op blare, bome en plante en het daarna gestreef om ook my persoonlikheid en styl in die kunswerke te probeer vasvang.”

Dit is goed om te weet ek het die prys gewen omdat ek eintlik snaaks was.

Van De Vries se bekende karakters, soos Greetje Appelmoes, hang ook onder die galery se ligte.

Dié grapjas bly baie besig.

Sy nuwe vertoning, Alive: Vrolik verskrik, sal van einde vandeesmaand in die Silver Star-casino aan die Wes-Rand te sien wees en eersdaags is hy in die fliek Snaaks genoeg te sien.

“Ek het laas in 2013 ’n eenmanstuk opgevoer. In Alive sal al die grappies nuut wees, maar tog wil ek sorg dat die familiariteit van vorige vertonings behoue bly en Alive is juis dit, vintage ek,” sê hy.

Kent en Halfrida, De Vries se twee honde, sal saam met hom op die verhoog wees wanneer die vertonings begin.

Meer oor:  Casper De Vries
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.