Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Christenskap: Bobby en Karlien se ma steun boer Damian
Boer Damian
Boer Damian

Boer Damian van die TV-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou het omtrent ’n perdebynes met ’n stok geslaan toe hy gesê het hy is klaar met die Christendom, maar nie met Jesus nie.

Donderdag het hy hierdie boodskap op Facebook opgevolg met ’n kleurvolle skildery van ’n hart waarop staan: “As ons liefde so vinnig kon versprei as wat ons haat en negatiwiteit versprei, watter wonderlike wêreld sou ons nie in leef nie.”

Damian het Woensdag in ’n boodskap op Facebook gesê hy wil nooit ’n Christen wees nie, veral in die lig van hoe Christene op sosiale media tekere gaan oor gay mense. “Liefdeloos! Met haat! Van nou af is ek maar net ’n kind van God.”

Iemand wat weet hoe dit voel om veroordeel te word, is Ronel Brink, die ma van Karlien en Bobby van Jaarsveld. Sy sê sy is “200% op Damian se bladsy”.

“Die meeste oordeel- en haat-uitsprake kom ongelukkig uit die Christen-groepe. So bitter hartseer,” skryf Brink op Twitter.

Sy sê sy is ’n gelowige kind van God.

“Die God van Abraham, Isak en Jacob. Jesus Christus is my Verlosser. Maar ek noem myself lankal nie meer ’n Christen nie,” skryf Brink.

Intussen het meer as 600 mense op Damian se Facebook-inskrywing gewys dat hulle van sy boodskap hou. Ook 170 mense het hierop kommentaar gelewer.

Meer oor:  Ronel Brink  |  Boer Damian  |  Christenskap  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.