Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
DIE TESTAMENT: 10 vrae aan Amrain Ismail-Essop

Amrain Ismail-Essop speel die rol van Sandra Maritz in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament. Sy gesels met Netwerk24 oor haar karakter, haar droomrol en die toekoms van die Afrikaanse televisiebedryf.
Sandra Maritz is Sebastian Weyers, die patriarg, s
Sandra Maritz (Amrain Ismail-Essop) is Sebastian Weyers, die patriarg, se lewensmaat vir die afgelope 5 jaar.

1. Vertel ons van jouself. Wie is Amrain?

Wel, wie is ek? Dit is so moeilik om te antwoord, omdat die meeste mense ’n mens wil definieer volgens dit wat jy doen. Ek is ’n filosoof. Ek is passievol oor mense, die lewe en die aarde. Ek is die ma van ’n energieke, nuuskierige en vriendelike jong dame, ek is ’n aktrise en is maar soos almal – ’n mens wat elke dag die beste doen wat ek kan, en probeer bewus wees van alles om my soos ek deur my daaglikse roetine gaan.

Ek is mal daaroor om uit myself te klim. Sandra is ’n groot uitdaging en ek is geseënd om so ’n rol te hê waarin ek myself kan inleef.

Maar ek daag myself daagliks uit om nie perfek te probeer wees nie, aangesien ’n mens nooit kan wen nie en dit maar altyd tot teleurstelling lei. Ek is ’n astroloog. Ek spandeer die meeste van my tyd om te dink oor ons doel hier op aarde. Ek is honger vir kennis.

Ek is baie lojaal en toegewyd aan dié vir wie ek lief is. Ek is mal oor alleentyd en om te gaan stap. Ek kan nie sonder tennis lewe nie en speel weekliks. Ek het baie energie en moet iets daarmee doen, anders . . . Ek is mal oor avontuur.

2. Vertel ons van die karakter wat jy in Netwerk24 se sepie, Die Testament, speel. Wat maak hierdie karakter vir jou interessant?

Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz.
Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz.

Ek speel Sandra. Sy is fantasties. Ek is so opgewonde om ’n karakter te speel wat veiligheid so nodig het en bereid is om enigiets te doen om dit te kry. Almal van ons het die een of ander swakheid, wat nie ’n slegte ding is nie, maar Sandra se swakhede het al baie pyn vir haar veroorsaak. Sy het nie ’n plek waar sy werklik kwesbaar kan wees nie.

Sy het in haar grootwordjare altyd onveilig gevoel en die skerp kant van die lewe jaag haar steeds. Sy is nie op sigself ’n slegte mens nie, maar sy het net ’n oorweldigende vrees en daardie vrees dryf haar om vreeslike goed te doen. Sy leer vroeg-vroeg dat die enigste mens wat vir haar sal opstaan syself is. Sy is ’n realis.

Om myself as aktrise uit te daag en om haar sonder oordeel te aanvaar, is baie opwindend. Ek wil haar so eerlik as moontlik speel. Ek is mal daaroor om uit myself te klim. Sandra is ’n groot uitdaging en ek is geseënd om so ’n rol te hê waarin ek myself kan inleef.

3. Hoe verskil jy van jou karakter, Sandra?

Ag . . . ja, ek sal baie nadink oor die gevolge van my keuses en die effek wat dit op ander het. Maar aan die ander kant is ek nog nie deur dit waardeur sy al is nie. Ek moes nog nie die realiteite wat sy moes hanteer, deurgaan nie.

Maar soos Sandra is ek gedetermineerd en gefokus.

Ek is ’n werkende enkelma, en ek smag na my onafhanklikheid. Ek is mal oor die gevoel om vir myself te kan sorg. Maar ek kan dit nie sonder ’n goeie ondersteuningsnetwerk doen nie – my familie, vriende en my eksman. So, ons verskil in daardie opsig.

LEES OOK: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter in Die Testament

Maar soos Sandra is ek gedetermineerd en gefokus. Ek dink ons fokus net op verskillende goed en ons motivering verskil. Ek is baie meer reguit. Sandra is baie subtiel. Ek is glad nie subtiel in my daaglikse lewe nie – ’n mens kan nie my opinies mis nie!

4. Hoekom dink jy moet Netwerk24 se lesers Die Testament kyk?

Vertrou Sandra Maritz (Amrain Ismail-Essop) vir Ba
Vertrou Sandra Maritz (Amrain Ismail-Essop) vir Bastian Weyers (Nico Panagio)?

Die storie is boeiend. Elke familie het maar drama en ek dink dis maklik om met hierdie karakters te vereenselwig. Dit sal elke kyker op ’n reis neem. Dit is die perfekte manier om jouself te vermaak.

5. Wat dink jy van die feit dat hierdie sepie net aanlyn beskikbaar is?

Dit is nog ’n rede hoekom ek so opgewonde is om deel te wees van hierdie span. Ons almal se lewe is so besig dat ons nie tyd het om ure voor die televisie te sit nie. Met hierdie tegnologie kan ons nou enige tyd, enige plek kyk! Die toegang tot goeie storievertelling is fantasties.

6. Wat is jou gunstelingrol wat jy al vertolk het en hoekom?

Rebecca in Athol Fugard se Sorrows and Rejoicings. Ek het saam met legendes gewerk. Ek was nog vars en het net graad gevang, so dit was ’n baie goeie geleentheid om te leer. Die karakter was ryk en diep, en ek kon al my emosies daarin stort. Ek het saam met die produksie getoer en het op die ou end twee jaar saam met hierdie ongelooflike span spandeer. Denise Newman is steeds ’n goeie vriendin, mentor en een van my tribal moms.

LEES OOK: Ontmoet vir Bastian Weyers

7. Oor watter rol droom jy nog?

Ek sal graag ’n rol soos Meryl Streep se karakter in Big Little Lies wil speel, en dan is daar dan natuurlik Medea en Lady M.

8. Wat is jou raad aan jong mense wat oorweeg om die vermaaklikheidsbedryf te betree?

Wat broei tussen Sandra Maritz (Amrain Ismail-Esso
Wat broei tussen Sandra Maritz (Amrain Ismail-Essop) en Jacques Weyers (Andahr Cotton)?

Dit is so belangrik om van die begin af aan jouself as ’n besigheid te dink. Verstaan en aanvaar die regsaspekte en die finansiële kant van die storie. Verstaan wie jy is, sodat jy jouself met selfvertroue daarbuite kan sit. Dit is belangrik om outentiek te wees en te onthou waar jy vandaan kom.

Sandra Maritz (Amrain Ismail-Essop) en Annchen Wey
Sandra Maritz (Amrain Ismail-Essop) en Annchen Weyers (Rolanda Marais).

Jy moet verstaan dat jy daagliks hard moet werk en dat daar nie iets bestaan soos om dit “te maak” nie. So, moet nooit dink dat jy kan agteroorsit en arrogant raak nie. Geniet die mense rondom jou en gee van jouself, maar wees duidelik oor jou grense. Dit is oukei om nee te sê vir werk. Op die ou end moet jy saam met jouself kan leef, so doen jou bes om trots te wees op jou keuses. Maar, jy is ’n mens en jy gaan foute maak, so gee jouself ’n break.

9. Jy het ’n 11-jarige dogtertjie, Sofia. Dink jy sy gaan ook in ’n aktrise ontpop?

Nee, ek dink nie so nie. Sy hou van drama by die skool, maar sy het dit baie duidelik gemaak dat sy nie ’n aktrise wil wees nie.

10. Hoe lyk die toekoms van die Suid-Afrikaanse fliek- en televisiebedryf?

Dit is so ’n moeilike vraag, want dit hang af van wat in die samelewing gebeur, en ons is op ’n baie interessante plek op die oomblik. Die jeug kom met ’n nuwe identiteit en verander die atmosfeer. Ek hoop dat dit net goed gaan met die bedryf, en dat ons dit plaaslik sal ondersteun, en die wêreld begin wys wat ons kan doen. Ek dink om goed aanlyn te begin doen is net wat ons moet doen om by te hou by die internasionale mark.

Die Testament op Netwerk24

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die Testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

DIE TESTAMENT: Familie-intrige in NW24 aanlyn blitssepie

Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemaker-suster, die rebel van ’n jonger boetie, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle . . .

Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk

Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

Meer oor:  Via  |  Amrain Ismail-Essop  |  Nico Panagio  |  Andahr Cotton  |  Rolanda Marais  |  Dietestament  |  Blitssepie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.