SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Vermaak
DIE TESTAMENT: Familie-intrige in NW24 aanlyn blitssepie

Spanning, romanse, intrige en tragedie . . . Dít is waarna Netwerk24-intekenare kan uitsien in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament. 

Die Testament
Ontmoet die Weyers-gesin: Jacques, die laatlam-boetie, Sandra, hul pa se lewensmaat, Bastian, die perfekte seun, en Annchen, die vredemaker van die gesin.

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die Testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

GROOT NUUS! Aanlyn blitssepie begin eersdaags op Netwerk24

Wie speel in Die Testament?

Nico Panagio speel die rol van die “volmaakte seun” Bastian. Hy is tans as Survivor SA se aanbieder te sien om M-Net. Teenoor hom speel Rolanda Marais die rol van Annchen, die sussie wat die gesin bymekaar probeer hou.

DIE TESTAMENT: Ons kuier agter die skerms

Die jong opkomende akteur, Andahr Cotton, speel die rol van die laatlamboetie en musikant, terwyl Amrain Ismail-Essop die rol van Sandra Maritz vertolk, die afgestowe patriarg se lewensmaat van die afgelope vyf jaar. Sandra Prinsloo maak ’n paar verskynings in die rol van die loan shark, Natasja Ludick.

Waaroor gaan Die Testament?

Die Testament is ’n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel ’n storie van geheime en leuens. Die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie.

Die testament
Wat voer Jacques en Sandra in die mou?

Die reeks speel af in die weelderige wêreld van Kaapstad se vooraanstaande sosiale kringe.

Sebastian Weyers, selfgemaakte sakeman en konstruksiemagnaat, het ’n familietuiste op ’n luukse landgoed aan die hang van Tafelberg gebou.

DIE TESTAMENT: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter

Hy het drie volwasse kinders, Annchen, Bastian en die laatlam, Jacques. Hulle ervaar hul pa as ’n soort tiran en nie as die charismatiese en vrygewige man wat die res van die wêreld ken nie.

Die Testament
Hoe ver sal Annchen en Bastian gaan om die Weyers-familiebesigheid te red?

Wanneer Sebastian senior onverwags sterf en die inhoud van sy testament bekend gemaak word, dompel dit almal se wêreld in chaos.

Die erfgename sukkel om die skoknuus te verwerk, wat die familie dwing om uiteindelik hul probleme te erken wat hulle al soveel jare vermy. In die proses kan hulle mekaar egter dalk net uitroei.

Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk

Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.