Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
DIE TESTAMENT: 'n Kykie agter die skerms

Dis bedrywig op die stel van Netwerk24 se aanlyn blitssepie, “Die Testament”. Hier is ’n kykie agter die skerms.

Die hoofkarakters in Netwerk24 se aanlyn blitssepi
Die hoofkarakters in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament. Van links na regs: Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz, Andahr Cotton as Jacques Weyers, Rolanda Marais as Annchen Weyers en Nico Panagio as Bastian Weyers.

Dit woel behoorlik op die stel van Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament.

Die blitssepie word tans in Houtbaai verfilm.

“Dit was ’n heerlikheid om agter die skerms van Die Testament te gaan besoek aflê,” sê Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.

Sy het die stel verlede week besoek terwyl die hoofkarakters ’n paar kerntonele van die blitssepie verfilm het.

“Die akteurs, vervaardigers en hele span is hoogs professioneel en daar word aan elke klein besonderheid aandag gegee. Almal geniet die blitsformaat van episodes van vyf minute elk en sê dit doen geensins afbreuk aan hul kreatiwiteit en styl nie, eerder die teenoorgestelde. Die energie en momentum in die lug is voelbaar. Hier kom ’n ding!”

LEES OOK: 10 vrae aan Amrain Ismail-Essop

Ook Nicole Bailey, vervaardiger van die blitssepie, is baie tevrede met hoe die eerste week op stel verloop het.

“Alles het glad verloop, ondanks die weer wat ’n struikelblok was,” sê sy.

“Dit gaan baie goed op stel. Die akteurs en die filmspan word nou gemaklik met mekaar en ons bereik nou uiteindelik daardie sweet spot waar ons mekaar se ritmes verstaan. Ons is besig om die groove te kry.”

LEES OOK: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter in Die Testament

Binne die eerste week van verfilming het Bailey en die span reeds ’n hele paar episodes van die blitssepie klaar geskiet.

“Maar dis ’n wedloop teen tyd, want ons moet betyds klaarmaak. Dit skep baie druk, maar dié tipe druk is nie nuut vir enigiemand op hierdie stel nie.”

Die Testament
Amrain Ismail-Essop op die stel van Die Testament.
Die Testament
Nico Panagio vermaak sy mede-akteurs met 'n storie terwyl die kameraspan gereed maak vir die volgende toneel.
Die Testament
'n Ligte oomblik op stel. Andahr Cotton lag vir 'n storie wat Nico Panagio tussen tonele vertel.
Die Testament
Die aktrise Corné Crous werk op die stel van Die Testament.
Die Testament
Rolanda Marais op die stel van Die Testament.
Die Testament
Gerhard Mostert, die regisseur van Die Testament, kyk na 'n toneel deur sy selfoon om te sien hoe kykers na die aanlyn blitssepie op hul slimfone gaan kyk.
Die Testament
Een van die kameramanne op die stel.
Die Testament
Gerhard Mostert (links), die regisseur van Die Testament, beplan die volgende toneel, terwyl van lede van die kameraspan (regs) instaan as akteurs.
Die Testament
Rolanda Marais speel die rol van Annchen in Die Testament.
Die Testament
Die monitor waarop Gerhard Mostert, die regisseur van Die Testament, kyk na die verfilming.

Die Testament
Nico Panagio wag tussen tonele vir die kameraspan om veranderinge aan die stel te bring. Hy speel die rol van Bastian Weyers in Die Testament.
Die Testament
Op die stel.
Die Testament
Die regisseur van Die Testament, Gerhard Mostert, tussen tonele.
Die Testament
Gerhard Mostert, die regisseur, en Nicole Bailey, die vervaardiger, op die stel.

Die Testament op Netwerk24

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die Testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

DIE TESTAMENT: Familie-intrige in NW24 aanlyn blitssepie

Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemaker-suster, die rebel van ’n jonger boetie, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle . . .

Die Testament op Netwerk24

Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

Meer oor:  Via  |  Amrain Ismail-Essop  |  Nico Panagio  |  Andahr Cotton  |  Rolanda Marais  |  Dietestament  |  Blitssepie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.