Netwerk24 het agter die skerms gaan kuier toe die hoofkarakters van Die Testament foto’s van hul karakters laat neem het.

As 'n mens nie 'n foto het nie, het dit regtig gebeur? Die grimeerkunstenaar Candice Joshua neem 'n foto van Andahr Cotton (Jacques Weyers), Rolanda Marais (Annchen Weyers) en Nico Panagio (Bastian Weyers).
Dit was vrolik op stel toe die vier hoofkarakters van Die Testament foto’s van hul karakters laat neem het.
Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur VIA en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n vyf-minuut-episode van die sepie op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.
LEES OOK: GROOT NUUS! Aanlyn blitssepie begin eersdaags op Netwerk24
“Ek is mal oor allerhande nuwe maniere van dinge doen,” sê Nico Panagio. Hy is tans te sien as Survivor SA se aanbieder.
Hy speel die rol van Bastian in Die Testament.
“Ek dink dis tyd vir iets nuuts en dit is verseker iets wat nie net nuut is nie, maar dwarsoor die wêreld begin gebeur. Dis lekker om deel hiervan te wees – om ’n pionier te wees.”
Die feit dat die sepie aanlyn beskikbaar is, maak dit soveel meer toeganklik vir mense.
Ook Rolanda Marais is opgewonde oor die idee van ’n aanlyn sepie. Sy speel die rol van Annchen Weyers, Bastian se suster, in Die Testament.
“Ek dink dis ’n baie exciting formaat. Mense is heeldag op hul foon en heeldag op apps en aanlyn, so dit is vir my net die next best step.”
Andahr Cotton, wat die rol van Jacques Weyers, speel, is opgewonde daaroor dat hy die geleentheid gekry het om in Suid-Afrika se eerste aanlyn blitssepie te speel. Hy het verlede jaar sy dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en is vanjaar vir die eerste keer heeltyds akteur. Hy is al voorheen in kykNET se Dwaalster en Die Spreeus gesien.
“Ek dink die bedryf is ongelooflik opwindend op die oomblik. Dit voel asof dit in ’n lekker nuwe fase is. En nou hierdie aanlyn sepie op Netwerk24! Dis iets nuuts vir Suid-Afrikaanse kykers en ek dink dit is belangrik dat ons by die oorsese tendense bybly. Ek dink die mense gaan daarvan hou!”
Amrain Ismail-Essop meen Netwerk24 se aanlyn blitssepie is grondverskuiwend. Sy vertolk die rol van Sandra Maritz.
“Die feit dat die sepie aanlyn beskikbaar is, maak dit soveel meer toeganklik vir mense. Enige iemand kan enige tyd hierdie sepie van enige plek af kyk.”
Sy voeg by: “Ons bestee in elk geval so baie tyd op ons foon en ons foon het so ’n integrale deel van ons lewe geword, dat dit sin maak om hier en daar ’n paar minute te steel om ’n sepie te kyk.”
Kyk hieronder na die foto's wat tydens die fotosessie geneem is:

Die uitrustings vir die verskillende karakters hang gereed en gestoom om aangetrek te word.

Candice Joshua maak die laaste verstellings aan Andahr Cotton (Jacques Weyers) se hare voor die fotosessie begin.

Die grimeerkunstenaar Candice Joshua glimlag terwyl sy vir Amrain Ismail-Essop (Sandra Maritz) grimeer.

'n Glimlag vir die kamera voor Rolanda Marais (Annchen Weyers) se grimering gedoen word.

Nico Panagio (Bastian Weyers) staan en gesels met Rolanda Marais (Annchen Weyers) voor die fotosessie begin. Nico en Rolanda speel broer en suster in Netwerk24 se aanlynsepie, Die Testament.

Rolanda Marais (Annchen Weyers) kyk in die spieël terwyl Andahr Cotton (Jacques Weyers) in die agtergrond afgeneem word.

Rolanda Marais (Annchen Weyers) terwyl haar hare vir die fotosessie gestileer word.

'n Ernstige oomblik terwyl Amrain Ismail-Essop (Sandra Maritz) wag vir haar beurt voor die kamera.

Andahr Cotton (Jacques Weyers) poseer vir die kamera.

Gerhard Mostert, die regisseur van Die Testament, kyk na die akteurs terwyl die foto's geneem word.

Amrain Ismail-Essop klim in haar karakter se skoene vir die fotosessie. Amrain vertolk die rol van Sandra Maritz in Die Testament.

Andahr Cotton as die rebel en musikant, Jacques Weyers.

Rolanda Marais as Annchen Weyers, die vredemaker-suster.

'n Ligte oomblik op stel terwyl Andahr Cotton (Jacques Weyers) en Amrain Ismail-Essop (Sandra Maritz) saam vir foto's poseer.

Watter geheime skuil alles agter daardie oë? Amrain Ismail-Essop in karakter as Sandra Maritz.

Nico Panagio voor die kamera. Hy speel die rol van Bastian Weyers in Die Testament.

Rolanda Marais (Annchen Weyers) glimlag terwyl sy wag vir Andahr Cotton (Jacques Weyers) om langs haar voor die kamera te kom staan.

'n Sagte oomblik: Rolanda Marais as Annchen Weyers.

Die drie Weyers-sibbe.

'n Ligte oomblik op stel.

Die Weyers-kinders op een foto: Andahr Cotton as Jacques, Rolanda Marais as Annchen en Nico Panagio as Bastian.
Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk
Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.
Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!
Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.