Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
DIE TESTAMENT: Ontmoet Annchen Weyers

Rolanda Marais vertolk die rol van Annchen Weyers (36) in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament, wat vanaf 2 September op Netwerk24 uitgesaai gaan word.

Rolanda Marais as Annchen Weyers in Die Testament.
Rolanda Marais as Annchen Weyers in Die Testament.

Annchen Weyers is die “vredemaker” van die Weyers-gesin.

Sy is ’n sterk, bekwame vrou wat as die vredemaker gesien word – ’n rol wat vir haar ’n swaar emosionele las is. Sy werk as hoofargitek vir ’n tamaai maatskappy.

Sy het vir haar gesin (haar pa, Sebastian, haar ouer broer, Bastian, en jongste broer, Jacques) begin sorg ná haar ma se dood tydens Jacques se geboorte. Dit is ’n rol waarin sy goed is en dit maak haar bang.

Rolanda Marais as Annchen Weyers in Die Testament.
Rolanda Marais as Annchen Weyers in Die Testament.

Annchen het haar gesinshuis (en provinsie) verlaat die oomblik toe sy klaar is met skool sodat sy kon vry wees van al die verantwoordelikhede en so ver as moontlik van haar gesin kon wees.

Sy bly al vir die laaste tien jaar alleen en het vir haarself ’n suksesvolle en gelukkige lewe gebou.

Ná haar pa se dood bevind sy haarself midde-in ’n boedel-drama tussen haar twee broers en haar pa se eksmeisie. Teësinnig tree sy tussenbeide, ook om te help met die maatskappy wat vinnig op bankrotskap afstuur.

Die Testament op Netwerk24

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemaker-suster, die rebel van ’n jonger boetie, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle . . .

Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk

Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.

Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!

Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.