Nico Panagio vertolk die rol van Bastian Weyers (38) in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament, wat vanaf 2 September op Netwerk24 uitgesaai gaan word.

Nico Panagio speel die rol van Bastian Weyers in Netwerk24 se aanlyn sepie Die Testament.
Bastian Weyers (38) is “die perfekte seun”. Hy is lank en aantreklik, met ’n baie mooi lyf. Hy is ’n pa en ’n eggenoot en lyk van buite soos die perfekte man.

Nico Panagio as Bastian Weyers.
Hy is die hoof uitvoerende beampte van ’n tamaai familiemaatskappy, maar is nie bevoeg om dit te bestuur nie.
Dan het hy ook ’n donker kant en word gedryf deur ’n diep behoefte om ’n eie, onafhanklike identiteit te hê wat nie afhang van sy pa, Sebastian Weyers, se goedkeuring nie.
Hy probeer sy onbevoegdheid verdoesel met skelm onderhandelinge en dink dat hy dinge só sal kan regmaak.
Hy is geneig om middels te misbruik, veral alkohol.
Sy vrou, met hulle jong kinders, het hom onlangs verlaat met die ultimatum dat hy sy duiwels moet takel, anders los sy hom vir altyd.
Sy lewe begin ontrafel soos die waarheid duidelik begin raak ná sy pa se dood.
LEES OOK: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter in Die Testament
Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur Via en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word. Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n 5-minute-episode van Die testament op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.
DIE TESTAMENT: Familie-intrige in NW24 aanlyn blitssepie
Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemaker-suster, die rebel van ’n jonger boetie, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle . . .
Teken in op Netwerk24 om Die Testament te kyk
Netwerk24-intekenare kan vanaf 2 September elke weeksdag na 'n 5 minute episode van Die Testament kyk.
Maak seker jy is 'n intekenaar om al die drama van die Weyers-gesin te volg!
Klik hier om in te teken vir net R99 per maand. Op die koop toe kry jy nie net toegang tot nuus in Afrikaans nie, maar ook tot jou gunsteling- Afrikaanse tydskrifte en koerante.