Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Fees van dans vanjaar aanlyn
Die Flatfoot-dansgeselskap in aksie. Foto: Verskaf

Die belangrikste fees vir dansers met en sonder gestremdhede word vanjaar die sesde keer deur die Unmute-dansgeselskap in Kaapstad aangebied.

ArtsAbility is vanjaar ’n aanlyn fees.

Dit behels uitvoerings, webinare en kreatiewe werke en duur van 3 November tot 3 Desember. Elke jaar in November word internasionaal hulde gebring aan mense wat met gestremdhede leef en dié fees is deel van die gebruik.

Vanjaar is die tema “Spaces & Homes Invasion Festival of Transmission” met inbegrip van die beperkings weens die koronaviruspandemie.

Die fees duur nie net ses dae soos voorheen nie omdat nie net Suid-Afrikaanse skeppers, maar ook ander internasionale skeppers deelneem.

’n Danstoneel met die titel ‘Twee voete, een skoen’. Foto: Verskaf

Nadine McKenzie, die artistieke direkteur van Unmute, sê die oogmerke met die fees is drievoudig. “Dit bied blootstelling aan kunstenaars wat werk in gemeenskappe doen, ’n platform vir produksies waaraan Suid-Afrika en buitelandse kunstenaars saamwerk, en om leergeleenthede te verskaf deur lesings, inklusiewe webinare, gebaretaal en geïntegreerde dansskole.

“Die uiteindelike doel is om opvattings te skuif sodat inklusiwiteit daaglikse praktyk word en nie net ’n eenmalige geleentheid nie,” sê McKenzie.

’n Produksie wat mense nie mag misloop nie, is Access Denied, ’n video-aanbieding van drie kunstenaars wat die uitdagings van toegang vir gestremdes verken.

Ander geselskappe wat op die fees optree, is Flatfoot Dance Company (South Africa) en Axis Dance Company (VSA), asook BewegGrund (Switserland).

Nuwe digitale werk deur dansers van Botswana, Mosambiek, Tanzanië, Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Suid-Afrika is ook op die program. Dié dansers het leiding by Unmute gekry.

Die fees kan gevolg word op YouTube by https://youtube.com/channel/UC7ZLr5TYIWE1TnofgYxOtwg

ArtsAbility 2020 is moontlik gemaak deur die National Arts Council of South Africa, Kunstekaap en Survé Philanthropies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.