Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
‘Hans steek die Rubicon oor’ weer op RSG

Tobie Cronjé se voorlesing van die komiese boek Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg is van Dinsdag af weer op RSG te hoor.

Die voorlesing word weeksdae net ná die nuus om 09:00 en Saterdae om 11:30 uitgesaai.

‘Hans steek die Rubicon oor’ deur Rudie van Rensburg.
Rudie van Rensburg
Tobie CronjéFoto: Charlea Sieberhagen

Hans steek die Rubicon oor is verlede jaar die eerste keer op RSG voorgelees en het groot aftrek by die luisteraars gekry.

Op 90 loop Hans nié met ’n loopraam nie. Hy is nog hups en springlewendig. Sy orige kinders maneuvreer hom egter vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis in die Kaap en in Huis Madeliefie in. Maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone – ’n afgetrede tronkbewaarder.

Dit is daggakoekies, ontkleedansers, Viagra vir die bloeddruk en vet sports net waar jy kyk in dié komiese roman oor oudword op jou eie voorwaardes.

Van Rensburg is bekend om romans soos Medusa, Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze.

Van Rensburg noem Hans steek die Rubicon oor ’n “asemskepboek”.

Die roman het ’n lang aanloop gehad.

Dit het ontstaan toe Kassie Kasselman, die speurder in Van Rensburg se spanningsromans, se bejaarde ma in Kamikaze deurmekaar raak met ’n oom wat nie sy goedkeuring wegdra nie.

Dit het Van Rensburg geïnspireer om ’n kortverhaal oor ’n senior burger (Hans) vir die US Woordfeesbundel (2017) te skryf. Dié kortverhaal het by hom bly spook en hom “gesoebat” om ’n boek te word.

* Hans steek die Rubicon oor (Queillerie-uitgewers) is weeksdae net ná die nuus om 09:00 en Saterdae om 11:30 op RSG (100 tot 104 FM) te hoor.

Meer oor:  Tobie Cronjé  |  Rudie Van Rensburg  |  Boeke  |  Roman  |  Radio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.