Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
‘Hartebreker’ vier duisendste

Die gewilde radiovervolgverhaal Hartebreker, ’n “koppietee-storie”, se 1 000ste episode is Vrydag op RSG uitgesaai.

Leon van Nierop, skrywer van die verhaal, onthou nog Kobus Burger, uitvoerende regisseur van drama by RSG, se opdrag: “Dit het in 2015 begin as ’n idee van Kobus wat op soek was na ’n verhaal, waarvan die episodes net ’n paar minute moes wees. Dit moet so lank duur as wat dit neem om ’n koppie tee te maak. Maar daar moet iets in elke episode gebeur.”

Leon van NieropFoto: Conrad Bornman

Hartebreker, met spelers soos Henriëtta Gryffenberg, Pietie Beyers, Rolanda Marais, Eloise Cupido en Charlie Bouguenon, gaan oor ’n groep mense in ’n idilliese dorpie in die Karoo.

“Dit is vol plattelandse intriges,” sê Van Nierop.

“Elke episode het ’n klimaks. Die verhoudings tussen die karakters, die grappigheid en die sukses maak dit gewild. Die karakters is eintlik ambivalent. Daar is sowat agt storielyne wat loop. Die verskillende storielyne het te make met al die spelers, wat nie noodwendig by elke opname kan wees nie. So, jy kan dan op ander tonele fokus.”

RSG
Pietie Beyers, Rolanda Marais en Charles Bouguenon tydens 'n opname van 'Hartebreker'.

Die meeste van die spelers is sedert die begin van die vervolgverhaal deel van die rolverdeling.

“Dit is seker die lekkerste cast waarmee ek nog gewerk, het,” sê Van Nierop.

“Ek moet partykeer met my vuis op die tafel slaan om almal se aandag te kry wanneer ons vooraf die tonele bespreek, so jolig gaan dit hier in die ateljee. Dit bly opwindend. Dit gee my ’n groot vreugde om hierdie storie te skryf.”

* Hartebreker, wat vir drie maande vooruit opgeneem is, word elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 09:50 op RSG uitgesaai.

Meer oor:  Leon Van Nierop  |  Rsg  |  Radio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.