
Petronel Baard Foto: Verskaf
Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is virtueel deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die Orde van die Beiteltjie vereer.
Die ontvangers is Frieda van den Heever, Ilse Oppelt, Petronel Baard, Frazer en Deniel Barry, Chrisna Beuke-Muir, Steffie le Roux en Deon Meiring.
Dié Afrikaanse woordkunstenaars sluit hulle aan by die 31 toonaangewende woordkunstenaars wat sedert 2015 Beiteltjies ontvang het.
’n Oorkonde, trofee en kontant is deel van elke prys.
Volgens Le Roux het ’n eerste prys ’n spesiale plek in jou huis en hart.
“Ek is baie trots en dankbaar dat ek soveel geduld het. Om in die bedryf te wees as ’n sanger en akteur is nie altyd maklik nie. Soos jou loopbaan egter vorder, kom jy tot die besef dit wat jy doen, en hoe jy dit doen, is eintlik goed genoeg.

Frazer Barry Foto: Verskaf
Die bekroonde sangeres, liedjieskrywer en kunste-fasiliteerder Petronel Baard sê dit maak vir haar sin dat die kunste die vertrekpunt vir gemeenskapsontwikkeling in Suid-Afrika behoort te wees.
Volgens Frazer en Deniel Barry van Tribal Eco-faam het Afrikaans van die straat na die boeke en weer terug na die straat gespring.
“Dit maak ons opgewonde dat daar nou meer erkenning aan streeksdialekte gegee word.”
Dr. Chrisna Beuke-Muir, senior lektor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Namibië en stigter van die Windhoek Woordfees, sê die internasionale mark beskou dikwels Namibië as bydraend tot Afrikaans en Suid-Afrika as die kern van die Afrikaanse taal.
“Dikwels word buite reken gelaat watter dimensie Afrikaans in Namibië aan die groter prentjie van Afrikaans gee.” Volgens haar bewys die Orde van die Beiteltjie vir 2020 juis die uitnemende rol van woordkunstenaars in Namibië.
“Die prys is ook vir die digters en kortverhaalskrywers van die bundel Land onder Woorde,” wat Beuke-Muir saamgestel en Cordis Trust uitgegee het.

Steffie le Roux Foto: Verskaf
Die Afrikaanse Woordkunsakademie word deur die Cordis Trust bedryf.
Belangstellendes kan die virtuele geleentheid wat op 30 November gebeeldstroom is, steeds op Cordis Trust se Facebookblad
http://www.facebook.com/cordistrustwww.facebook.com/cordistrust en
YouTube-kanaal https://bit.ly/cordisYT gebeeldstroom is kyk. Besoek sosialemediaplatforms om dit te kyk.
Die ontvangers se insette oor die pryse verskyn hier:
https://www.dropbox.com/sh/lheztmkrpbbjmbi/AABkbUyuNEFsneLJfUMXtSyQa?dl=0