
Pumla Gqola
Die name van die eerste deelnemers aan die Open Book Festival in Kaapstad is pas bekend gemaak.
Van die internasionale skrywers wat deelneem, is Lesley Arimah (Nigerië/Amerika), Jonas Bonnier (Swede), David Chariandy (Kanada), Nicole Dennis-Benn (Jamaika/Amerika), Mariana Enriquez (Argentinië) en Aminatta Forna (Skotland,/Sierra Leone/Amerika).
Die agtste Open Book Festival vind van 5 tot 9 September plaas.
* Lesley Arimah was ’n finalis vir die Caine-prys en ’n wenner van die African Commonwealth Short Story Prize. Haar debuut, What it Means when a Man Falls from the Sky, het die Kirkus-prys in 2017 gewen.
* Jonas Bonnier se romans sluit in The Helicopter Heist en Stockholm Odenplan. Eersgenomede is reeds in 34 lande verkoop. Hy is ’n skrywer, joernalis en draaiboekskrywer.
* David Chariandy is die skrywer van onder meer Brother en Soucouyant. Hy is die wenner van die Rogers Writers’ Trust Fiction Prize in 2017 vir Brother.
* Anna Dahlqvist (Swede): Onder haar werk tel It’s Only Blood. Sy is ’n leidende stem vir vroueregte en is verbonde aan die tydskrif Ottar.
*Nicole Dennis-Benn se debuutroman, Here Comes the Sun, is in 2016 deur die New York Times beskou as een van die belowendste romans van die jaar.
*Guy Deslisle (Kanada) is ’n strokies- en animasiekunstenaar wat grafiese romans skryf oor sy reise. Hulle sluit in Pyongyang: A Journey in North Korea, Shenzhen: A Travelogue from China, Burma Chronicles en Jerusalem: Chronicles from the Holy City.

Mariana Enriques
* Frankie Edozien se boek Lives of Great Men was op die kortlys vir die Lambda-prys.
* Mariana Enriquez se werk het verskyn in bloemlesings oor Spanje, Mexiko, Chili, Bolivië en Duitsland. The New York Times het haar boek Things We Lost in the Fire beskryf as vol grafiese beskrywings, swart humor en dikwels selfs die groteske.
* Aminatta Forna se werk sluit in Happiness, The Hired Man en The Memory of Love. Sy skryf ook vir die BBC en maak dokumentêre programme vir televisie.
* Adam Smyer (Amerika) kom stel sy debuut, Knucklehead, bekend.
Afgesien van skrywers wat optree, sluit die fees ook paneelbesprekings, meesterklasse en boekbekendstellings in. Die gewilde Comics Fest, #cocreatePoetica en verskie kinderprogrmme word ook aangebied.
Meer as 10 000 mense het verlede jaar se fees bygewoon en daar was 140 aanbiedings op die program.
Plaaslike skrywers maak ’n groot deel van die program uit. Hulle is onder andere Tumelo Buthelezi (The Last Sentence), Ijangolet S. Ogwang (An Image in a Mirror), Clinton Chauke (Born in Chains: The Diary of an Angry ‘Born Free’), Rebecca Davis (Best White and Other Anxious Delusions), Haji Dawjee (Sorry, Not Sorry), Pumla Gqola (wie se boek Reflecting Rogue die topverkoper was op verlede jaar se fees), Nozizwe Jele (met haar jongste roman, The Ones With Purpose), Siya Khumalo (wie se debuut, You Have to be Gay to Know God, handel oor gay-identiteit) en Landa Mabenge (In Becoming Him, wat handel oor die eerste transgenderman in Suid-Afrika wat suksesvol was om ’n mediese fonds te laat betaal vir sy geslagsverandering).
Vir meer inligting en die volledige program, besoek www.openbookfestival.co.za. Bespreek by
www.webtickets.co.za