Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Jan Engelen oorlede
Jan Engelen

Die akteur en regisseur Jan Engelen het Woensdagaand aan kanker gesterf.

Hy was die seun van Belgiese ouers, Fred Engelen, voormalige hoof van die dramadepartement aan die Universiteit Stellenbosch, en die aktrise Tine Balder.

Jan het onlangs nog in die regisseur Koos Roets se rolprent ’n Pawpaw vir my darling verskyn.

Hy was getroud met die aktrise Amor Tredoux, wat onder meer in die dramareeks Fees van die ongenooides/Feast of the Uninvited verskyn het en gereeld gedigte op Margot Luyt se program Vers en Klank op RSG voorlees.

Dit was albei se tweede huwelik en die egpaar het onder meer saam aan die dramareeks Klagstaat gewerk.

Meer inligting volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.