Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Joburg Ballet en oudhoof raak versoen

Joburg Ballet en sy voormalige uitvoerende hoof Dirk Badenhorst het die strydbyl begrawe nadat hy in 2015 uit sy pos geskors is.

Dirk Badenhorst

Esther Nasser, uitvoerende hoof van Joburg Ballet, sê die geselskap en Badenhorst het ’n vertroulike ooreenkoms bereik en alle vorige geskille is besleg.

Esther Nasser, nuwe uitvoerende hoof van Joburg Ba
Esther Nasser, nuwe uitvoerende hoof van Joburg Ballet.

Die twee partye het ooreengekom om die voorwaardes van die ooreenkoms te gehoorsaam.

Die skorsing in 2015 het gekom ná ’n ondersoek deur die ouditkomitee oor die korporatiewe bestuur van die maatskappy. Badenhorst, ook die stigter van Joburg Ballet, het in November 2015 bedank nadat hy in Augustus deur die direksie uit sy pos geskors is.

Badenhorst, hoofdirekteur van die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie en hoof van Mzansi Ballet, sê dat hy nou sonder enige ongemak na ballet deur dié geselskap kan kyk.

“Ek is net dankbaar dat ballet nooit in hierdie tyd skade gely het nie. Ek is verlig dat dit verby is. Ek het ’n geruste gemoed. Ek het wel nooit gevoel dat ek hoef skaam te wees nie. Ons gaan nie juis projekte saam aanpak nie, maar ek is dankbaar dat ons nie vyande is nie.”

Badenhorst het Saterdagaand van Rusland teruggekeer waar hy en die balletdanser Andile Ndlovu die eerste Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die Prix Benois De La Danse-danskompetisie was.

Ndlovu is benoem vir sy vertolking van Mercutio in Romeo and Juliet vir Washington Ballet. Badenhorst is een van die jurielede in dié internasionale kompetisie.

Joburg Ballet bied vandeesweek Snow White – The Ballet in die Teatro by Montecasino in Fourways, Johannesburg, aan.

Baie van die dansers van Joburg Ballet is Badenhorst se vriende.

“Ek is bly daar is vrede in die groot balletfamilie,” sê hy.

“Ek is tevrede, die lewe gaan aan.”

* Daar is van Donderdag tot Sondag net vyf vertonings van Snow White – The Ballet. Nicole Ferreira-Dill en Shana Dewey wissel die hoofrol af en Leusson Muniz en Ruan Galdino vertolk om die beurt die prins. Vertonings is Donderdag, Vrydag en Saterdag om 20:00, Saterdag om 14:00 en Sondag om 15:00. Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.