Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Lieb nou in gewone saal ná 2de opname met Covid

Die akteur Lieb Bester “klink soos ’n nuwe mens” nadat hy Vrydag uit die hoësorgeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas is.

Dit volg nadat hy Saterdag die tweede keer met Covid-19 in ’n hospitaal in Pretoria opgeneem is.

Lieb Bester Foto: Eden Wessels

“Ek kon hoor hoe hy glimlag van verligting en dankbaarheid,” sê sy dogter Nicole Nieman, wat Vrydagmiddag met haar pa gepraat het.

“Hy het gesê hy het die week ’n wonderwerk beleef. ’n Week gelede het hy by die dood omgedraai. Hy is so dankbaar vir almal se gebede. Ons as sy familie is baie dankbaar en verlig.”

Volgens sy broer, ds. André Bester van die Evangelies-Gereformeerde kerk Rietfontein in Pretoria, is die internis baie tevrede met sy vordering en sy nierfunksie het verbeter nadat dit vroeër die week gewissel het.

“Hy het gevra dat ek vir almal wat in hierdie tyd vir hom gebid het, sal dankie sê. Hy waardeer dit opreg. Hy is ook oneindig dankbaar teenoor die Here, wat hom tot hier gedra het.”

Dit is egter steeds onduidelik wanneer hy ontslaan sal word.

“Ek weet ook nie wat die behandeling en prognose is in terme van die dae en weke wat kom nie,” sê André.

Bester, onder meer medeaanbieder van die kykNET-reeks Met ’n huppel in die stap, is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem, waarna hy verlede Dinsdag ontslaan is.

Hy het tuis aangesterk, waar hy die afgelope twee jaar by sy broer en skoonsuster in Pretoria woon.

Sy toestand het egter verswak en hy is Saterdag weer in die hospitaal opgeneem.

Meer oor:  Kyknet  |  Lieb Bester  |  André Bester  |  Pretoria  |  Covid-19  |  Akteur  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.