Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Lieb Bester 'sal seker nog ruk in hospitaal bly'

Nadat die akteur Lieb Bester (72) vir ’n tweede keer met Covid-19 in ’n hospitaal in Pretoria opgeneem is, het sy nierfunksie Woensdagoggend tot 40% verbeter. 

“Soos ’n suster aan my gesê het: Sy nierfunksie ry wipplank,” sê ds. André Bester, Lieb se broer.

Lieb Bester
Lieb Bester Foto: Eden Wessels

“Eers was sy nierfunksie 27%. Maandag was daar ’n verbetering, maar gisteroggend was dit weer swakker. Dit is akute nierversaking, het die internis gesê, maar darem nie kronies nie, so dit sal herstel. Hy is nog op suurstof in die hoësorgeenheid, maar sy infeksietelling kom mooi af.”

Bester is sowat twee weke gelede in ’n hospitaal in Pretoria opgeneem.

Hy is verlede Dinsdag ontslaan en het die eerste paar dae goed tuis aangesterk.

“Maar hy het ’n terugslag gehad,” sê André, predikant van die Evangelies-Gereformeerde kerk Rietfontein in Pretoria. “Daar was tekens van longontsteking. Ons het aanvanklik gedink ons sal hom by die huis kan behandel, maar hy is Saterdag terug hospitaal toe.”

Lieb woon die afgelope twee jaar by André en sy vrou, Annatjie, in die pastorie.

“Lieb het voorheen by ons ander broer gewoon om hom op te pas, maar nadat hy dood is, het ek gesê Lieb moet by ons kom woon.”

Bester is medeaanbieder van die kykNET-program Met ’n huppel in die stap, maar volgens Flip Loots, die regisseur, het Bester se siekte nie die produksie onderbreek nie en sal hy hom weer by die span aansluit wanneer hy sterk genoeg is.

Bester sou ’n paar weke gelede opgetree het in ’n musiekproduksie oor die digter W.E.G. Louw in die Pretoriase Kunsverening, maar dit is weens beurtkrag onbepaald uitgestel.

“Hy sal seker nog ’n ruk in die hospitaal wees,” sê André.

“Maar sy gemoedstoestand is goed. Hy mag nie besoekers ontvang nie, so ons video call maar elke dag. Dis ook maar nie maklik vir ons nie.”

André hou ook Lieb se dogter Nicole, op die hoogte van haar pa se vordering.

Sy is die enigste oorlewende van die gesinstragedie in 2002 waarin Bester se gewese vrou, Hanlie, en hul ander dogter, Suné (7), deur haar man, Gerhard Pieterse, doodgeskiet is.

Pieterse het ook sy eie dogter, Elzanne, doodgeskiet en daarna homself om die lewe gebring.

Pieterse se vorige vrou, Susanne Pike, het verlede jaar ’n digbundel, Gisterwinter (Minimal Press), oor haar ervaring uitgereik. Enkele van die gedigte handel oor Elzanne, maar sy word nie op die naam genoem nie.

Meer oor:  Kyknet  |  Lieb Bester  |  André Bester  |  Pretoria  |  Akteur  |  Hospitaal  |  Korona-Virus  |  Covid -19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.