Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Liefde, speletjies, swepies en ’n gans
Nick Robinson vertolk die hoofrol in die tienerdrama Love, Simon.

Love, Simon kry oral in die internasionale media gloeiende resensies.

Hoewel die fliek die verhaallyn van jou gewone tienerdrama volg, is hier ’n verskil: Simon (Nick Robinson) is gay – nie sy ouers óf eens sy beste maats weet dit nie. Totdat hy deur ’n vreemde sameloop gedwing word om sy seksualiteit rugbaar te maak aan sy ouers en in sy hoërskool. Só ontketen hy ’n ketting van ontboeseminge oor allerlei sake onder sy skoolmaats – al die karakters word dapper om werklik hulself te wees. Die regisseur is Greg Berlanti.

Die prent se warm hart kan nie verdoesel word nie, skryf Benjamin Lee in The Guardian. Boonop juig en spoor die gehoor die hoofkarakter aan die einde aan om te soek en te veg vir sy eie geluk, vervolg Lee.

Die seks-eskapades in die hyg­roman Fifty Shades of Grey het ’n voorstedelike boekkblub behoorlik op hol in die liefdes­drama Book Club. Die boek noop die lede van die boekklub om ook ’n vervullende sekslewe met behulp van swepies te hê en daar moet nou na bedmaats gesoek word. Van die spelers is Oscar-bekroonde aktrises en sluit in Diane Keaton, Candice Bergen, Mary Steenburgen en Jane Fonda. Die regisseur is Bill Holderman.

Diane Keaton, Candice Bergen, Jane Fonda en Mary Steenburgen in die romantiese komedie Book Club.

Die speletjie aan-aan is die inspirasie vir die komiese bro­manceTag, waaraan vyf hoogs suksesvolle en kompeterende vriende deelneem. Sedert gr. 1 speel hulle die speletjie – elke maand waag hulle hul gesondheid, loopbane en verhoudings om dié speletjie te speel.

Die prent is ’n viering van vriendskap en is oorwegend goed ontvang onder resensente. Die spelers is Jeremy Renner, Ed Helms, Jake Johnson en Jon Hamm.

Hurricane Heist is ’n aksieavontuur wat gefaal het by die Amerikaanse loket. Die rolprentwebwerf imdb.com gee die prent een uit tien. Dit handel oor ’n klompie diewe wat ’n tak van die Amerikaanse munt wil besteel.

Die prent volg hul beplanning en die dag van hul roofpoging. Die regisseur is Rob Cohen.

’n Oorsese resensent meen jy, jou kind, kleinkind, agterkleinniggie, peetkind en stiefkind verdien ’n veel beter prent as die misbaksel Duck Duck Goose. Die animasieprent open skynbaar met ’n poef- én ’n anusgrap, skryf Shaun Munro van Flicker­ing Myth.

Meer oor:  Love  |  Book Club  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.