Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
LUISTERDRAMA – Rolanda Marais speel in 'Anna uit die verlede'

Anna uit die Verlede
Hoe sal dit wees om iemand uit jou verre verlede weer raak te loop? Dít is die vraag wat Netwerk24 se splinternuwe luisterdrama mee worstel. 

Netwerk24-intekenare kan nou na Louise Minnaar se luisterdrama, Anna uit die Verlede, luister. Rolanda Marais vertolk die hoofrol. Louise was ’n finalis in Netwerk24 se luisterdrama-kompetisie van 2019. 

LUISTER DIE DRAMA HIER:

Wat is ’n luisterdrama?

’n Luisterdrama is ’n radiodrama wat op die internet uitgesaai word.

Waaroor gaan ‘Anna uit die verlede’?

Die laaste 17 jaar het Tiana gereeld gedroom hoe dit sal wees om Hannes weer raak te loop – nie dat sy hom óóit weer wou sien nie, het sy vermoed. Nie in haar wildste drome het sy gedink dat hulle mekaar in die hospitaal sou raakloop waar sy om haar lewe veg nie. Tussen die kankerbehandeling en haar kêrel wat te besig is om tyd met haar deur te bring, het sy werklik nie die krag om ou gevoelens weer op te grawe nie. Hannes is egter vasberade om haar te ondersteun deur die moeilike tyd. Genade vir Tiana daag onverwags uit die verlede op.

Ontmoet die akteurs

Rolanda Marais speel Tiana

Tiana (35) is ’n kankerpasiënt. Sy is moedig en positief, tog opstandig oor haar lot.

Anrich Herbst speel Hannes

Hannes (35) is Tiana se jeugliefde. Hy het ’n sterk karakter.

Ira Blanckenberg speel Sandra

Sandra (46) is Tiana se ondersteunende suster.

Leon Kruger speel Lourens

Lourens (37) is Tiana se kêrel. Hy is selfsugtig en ambisieus.

Johann Nel speel Karel

Karel (67) is Tiana en Sandra se pa. Hy is baie beskermend teenoor sy gesin.

Roeline Daneel speel die dokter.

  • Die wenner van Netwerk24 se luisterdrama-kompetisie vir 2020 word binnekort op Netwerk24 aangekondig.

Honger vir nog?

Dis ’n storie oor ’n liefde wat nie kon blom nie, ’n skat wat nooit gevind is nie en ’n plek wat nie meer bestaan nie. Luister nou na Netwerk24 se heel eerste luisterdrama deur Anton Treurnich.

Meer oor:  Luisterdrama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.