Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Meer as 1 000 aansoeke uit kunssektor kry hulp

Dit is steeds onseker wanneer teaters heropen, maar reeds 1 050 aansoeke om geldelike hulp uit die kunssektor het uitbetalings van die Covid-19-verligtingsfonds ontvang.

Die getal suksesvolle kandidate wat om hulp by die Covid-19-verligtingsfonds aangeklop het, het egter teen Vrydag met 270 toegeneem. Dus ontvang altesaam 1 320 kandidate uitbetalings. Die eerste 1 050 het Dinsdag uitbetalings ontvang.

Nathi Mthethwa, Minister of the South African Poli
Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur. Foto: Craig Nieuwenhuizen/ Photo24

Terwyl die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, Saterdag op ’n nuuskonferensie grotendeels op sport gefokus het, het hy wel benadruk die kunste tesame met sport is die sektore wat die ergste deur die Covid-19-pandemie geraak word.

“Hierdie sektore maak juis daarop staat dat groot groepe mense die geleenthede bywoon.”

Die Covid-19-verligtingsfonds, wat uit R100 miljoen bestaan, is op 25 Maart begin om mense in dié sektor by te staan, met ’n afdeling wat bestaan uit voorleggings om hulp.

“Ons het agtergekom baie van die onsuksesvolle kandidate kom uit voorheen benadeelde gemeenskappe wat dringend bystand nodig het. Daarom het ons die kriteria aangepas en ná hierdie aanpassing is die 1 050 uitbetalings ontvang.”

Terwyl die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom vroeër die week afgelas is soos verskeie ander feeste die afgelope jaar, bied kunstenaars steeds virtuele konserte aan, maar dit bly onseker wanneer hulle weer mag optree.

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Teater  |  Covid-19  |  Feeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.