Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Nuwe leefstyljoernaal ‘cooler’ as Insig
Ambassadeur is ’n nuwe literêre leefstyljoernaal wat teen R220 per eksemplaar verkoop gaan word. Foto: Verskaf

Die nuwe Insig?

Miskien, maar dié 176 bladsye is cooler.

“Ons was beslis groot aanhangers van Insig, maar ons probeer die literêre wêreld op ’n cooler manier weergee en aan ’n jonger gehoor bekend stel,” sê Derick Muller, redakteur van die nuwe literêre leefstyljoernaal Ambassadeur.

Insig was ’n aktualiteitstydskrif waarvan die laaste uitgawe in 2007 gepubliseer is.

Ambassadeur se estetiese gehalte laat dit egter eerder soos ’n koffietafelboek lyk. Die ontwerp is eenvoudig en stylvol en die dikker papier, 170 gsm, lê ’n bietjie swaarder tussen jou vingers.

“Ons wil hê die joernaal moet tydloos wees, iets wat langer op jou boekrak kan leef,” sê Muller.

Ambassadeur sal kwartaalliks uitgegee word deur The Suits, ’n advertensieagentskap waarvan Muller ook deel is.

Die eerste uitgawe is Januarie op die rakke en die prys is R220.

’n Bietjie hoog?

“Kyk, ons gaan nie die volgende Huisgenoot wees en ’n reuse-oplaag hê nie. Dit is ’n passieprojek wat ons self gefinansier het.”

Hy gee toe dat hierdie ’n nis-publikasie is, maar ná ’n besoek aan New York en Los Angeles vroeër vanjaar wou hy kyk of die groeiende belangstelling in onafhanklike joernale daar ook hier in Suid-Afrika kan posvat.

Die eerste uitgawe het geen advertensies nie en Muller sê hulle sal sien of beleggers aan boord wil kom.

Die tydskrif het vyf afdelings – klank, kuns, skrywers, makers (movers and shakers) en reis.

Ambassadeur se missieverklaring op sy webwerf lui: “Ons vier die skeppers, die denkers, die risikonemers en kunstenaars, die vakmanskap en besigheidsvernuf, die ekstraordinêre, die kreatiewe, die filmmaker, die musikant en die skrywer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.