Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Peach se geselsprogram fokus op kuns van ‘praating’

“Seks, porn, geloof en watter antidepressante hulle gebruik”, is van die onderwerpe waaroor bekende mense gesels in Praating, ’n geselsprogram wat deur die musikant Peach van Pletzen aangebied word.

“En eintlik is dit net gewone gesprekke, so ’n bietjie weg van die comfort zone,” sê van Pletzen.

Nik Nax en Peach van Pletzen as die duo Van Pletzen.

Die onderhoude word opgeneem, maar ook as podsendings uitgereik, maar hy is nog onseker oor waar dit te siene sal wees.

“Ek het nog altyd gevoel as ek na interviews kyk van kunstenaars wat ek bewonder of wat my fascinate dat dit altyd dieselfde soort vrae is – wel nie konserwatief nie, maar baie veilig: Waar kom jou naam vandaan? Wat wil jy vir die jeug sê? Wat is jou toekomsplanne?”

Bennie Fourie en Peach van Pletzen.

Van Pletzen, wat naam gemaak in die band Bittereinder en die musiekduo Van Pletzen, het bekende mense genooi om te kom gesels, maar hy het hulle nie vooraf laat weet waaroor nie.

Hulle praat uit die vuis.

“Ek wou iets doen waar ’n regte gesprek tussen twee mense plaasvind, waar jy actually met hulle praat en uitvind hoe hulle voel oor iets soos die dood. Is hulle bang? Waarin hulle glo? Is hulle gelukkig? Wanneer laas het hulle gehuil?”

Dave Scott en Peach van Pletzen op die geselspgram ‘Praating’.

Volgens Van Pletzen breek dié geselsprogram die reëls van konvensionele televisieonderhoude. Die gesprekke duur sowat ’n uur lank en word in Mengels (’n vermenging van Afrikaans en Engels) aangebied.

Die gaste sluit in die komediant Rikus de Beer (Radio Raps), die akteurs Bennie Fourie, Leandie du Randt en Mila Guy, die sanger Bouwer Bosch, die kletsrymer Jack Parow en Dave Scott van The Kiffness.

“Ek wil hê mense moet hulself wees. Ek dink dit is kind of gerig op die jeug, maar afhangende van wie die gas is, kan enigiemand iets daaruit kry.”

Van Pletzen wou lankal ’n geselsprogram aanbied. Dit spruit uit sy belangstelling in die filosofie en sielkunde.

“Daar is ook ’n element van satire en humor, maar tog raak dit ook ernstig, soos wat ’n gesprek sou wees as twee mense saamkuier. Elke gas set so half die tone van hoe die episode sal wees, en die vrae strek nogal wyd. We just start praating.”

Jack Parow en Peach van Pletzen.

Van Pletzen vind dit ongelooflik om te sien hoe baie mense gewillig is om eg te wees en net oor alles en nog wat oop te maak.

“Dis cool om te sien dat mense my genoeg vertrou het. Daar is geen gimmick of agenda nie. Ek is baie lief vir filosofie en die kompleksiteit van mense en menswees. En die sielkunde van ons as hierdie complex creatures wat ons pad deur die lewe try navigate.”

Van Pletzen dink mense word so baie inligting deur sosiale media gevoer. “Almal het menings, maar niemand praat nie.”

Hy noem De Beer as ’n voorbeeld van iemand wat hy in ’n uur soveel beter leer ken het.

“Hy maak oop oor goed waardeur hy gaan agter die skerms, gesondheidskwessies en hoe sy uitkyk op die lewe verander het.”

Van Pletzen wou graat iets skep wat vir hom betekenisvol is om na te luister of te kyk.

“As jy ’n fan van die persoon is, gaan jy meer uitvind in daai uur as wat jy altesaam voorheen geweet het.”

Bouwer Bosch en Peach van Pletzen.
Meer oor:  Peach Van Pletzen  |  Video  |  Onderhoude  |  Podsending  |  Praating
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.