Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Ramaphosa bring hulde aan jazzmeester Jonas Gwangwa
Jonas GwangwaFoto: Argief

Pres. Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan die Suid-Afrikaanse jazzmusikant Jonas Gwangwa (83) wat Saterdag oorlede is.

Ramaphosa het die komponis, verwerker, vervaardiger en jazztrombonis in ’n verklaring as ’n “kultuur-ikoon” beskryf.

Hy sê: “ ’n Reus van ons revolusionêre kulturele beweging en ons demokratiese kreatiewe bedryf is ter ruste geroep; die tromboon wat met vrymoedigheid en dapperheid weerklink het, en eweneens ons harte vermurwe het met sagte melodieë, het sy lewenskrag verloor.”

Gwangwa is in 2010 met ’n nasionale orde, die Orde van Ikhamanga bekroon. Die nasionale ordes is die hoogste eerbewys wat Suid-Afrika aan burgers en vooraanstaande buitelanders toeken vir hul bydrae tot Suid-Afrika se vooruitgang.

“Die beskrywing vir dié eerbewys herinner ons aan hoe hierdie Suid-Afrikaanse voorbeeld van voortreflikheid gehore wêreldwyd betower het met sy kunstenaarskap as komponis en kreatiewe genie,” lui die verklaring van Ramaphosa.

“Hy het meer as 30 jaar lank oor die wêreld heen gereis as ’n banneling, en het ook daar lof ontvang.”

Luidens die verklaring het Gwangwa in 1985 die dood net-net vrygespring toe sy huis deur die apartheidsveiligheidsmagte opgeblaas is.

“As ’n produk van die onstuimige, maar musikaal beduidende 1950’s, het hy uit die nederige omgewing van Orlando-Oos in Soweto na vore getree.

“Hy het die publiek in Sophiatown vermaak totdat dit onwettig geword het vir swart mense om bymekaar te kom en Suid-Afrikaanse musikante tronk toe gestuur is omdat hulle hul talent uitgeleef het.”

Ramaphosa sê: “Ondanks die beperkings het hy saam met feitlik elke belangrike groep van dié tydperk opgetree, en ook saam met ikone soos Kippie Moeketsi, Abdullah Ibrahim, Johnny Gertze en Makhaya Ntshoko.

“Gwangwa was ook ’n kollega van bekende musikante soos Ahmad Jamal, Herb Alpert, Hugh Masekela, Miriam Makeba en Caiphus Semenya.”

Gwangwa is op dieselfde datum, 23 Januarie, dood as die Suid-Afrikaanse trompetspeler, sanger en komponis Hugh Masekela (wat in 2018 gesterf het) en jazzmusikant en kultuur-ikoon Oliver Mtukudzi wat op dieselfde datum in 2019 oorlede is. 

“Terwyl ons treur oor die verlies van baie kosbare lewens rondom ons, bid ons ook dat die siel van Jonas Gwangwa in vrede sal rus.”

Ramaphosa het sy medelye oorgedra aan die familie van Gwangwa, sy vriende, kollegas, kamerade en volgelinge in Suid-Afrika, op die vasteland en oor die wêreld heen.

Gwangwa was getroud met is die sosiale aktivis Violet Gwangwa en het sewe kinders. Een van sy dogters, Keituletse (Keitu) Gwangwa, is in 2018 aangewys as hoof van die Windybrow-kunssentrum in Doornfontein, Johannesburg.

Flowers of the Nation is een van Gwangwa se meusleurende melodië:

Meer oor:  Jazz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.