Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Reeks oor volksliedjies van oral Sondae op RSG uitgesaai

Hier en anderkant die blouberge, ’n reeks oor plaaslike en internasionale volksliedjies wat fokus op “lekker saamsing”, begin Sondag op RSG.

“Dit is ’n viering van ons erfenis,” sê die omroeper Esté Gross, wat dit vervaardig en aanbied.

Esté Gross

“Ek wonder hoe baie jong mense ken vandag nog liedjies soos ‘Tant Hessie se wit perd’. Hierdie liedjies moenie vergeet word of verlore gaan nie. Ouer luisteraars sal dit herken en dalk ’n bietjie nostalgie ervaar terwyl ’n jonger generasie hopelik die liedjies sal leer ken en waardeer.”

Dit word net ná die nuus om 10:00 uitgesaai.

Die reeks sluit in liedjies soos “Daar kom die Alibama”, “Sarie Marais” en David de Lange se weergawe van “Suikerbossie”.

Die reeks bestaan uit 13 episodes wat elkeen sowat ’n uur lank is.

Esté Gross, omroeper by RSG.

In die eerste twee episode fokus Gross op Suid-Afrikaanse volksliedjies, waarna sy haar fokus na Nederland en Brittanje verskuif.

Luisteraars sal ook liedjies uit lande soos Italië, Duitsland en Rusland hoor.

Sy keer aan die einde van die reeks terug na Suid-Afrika.

Gross is aan volksliedjies in haar ouerhuis blootgestel. Haar ma het dit dikwels op ’n kitaar gespeel.

Sy het by Faika Haroun, dosent aan die Universiteit Stellenbosch (US), gaan aanklop oor ghoema-musiek.

“Dit is interessant hoe baie van hierdie liedjies eintlik verskillende lande verbind. David Kramer (sanger en liedjieskrywer) deel sy kennis en vertel ‘Daar kom die Alibama’ het ’n Amerikaanse melodie. So is ‘Sarie Marais’ se wortels ook Amerikaans.

“En dit is daardie kultuur van lekker saamsing waarvan ek hou. Hierdie reeks is baie meer loslit as my vorige reekse. Ek deel hier en daar ’n brokkie geskiedenis, maar dit gaan baie meer oor vermaak. Mense moet ontspan wanneer hulle daarna luister in ’n jaar wat ek dink nog nie byvoeglike naamwoorde het nie.”

Hier en anderkant die blouberge word Sondae net ná die nuus om 10:00 uitgesaai. Die reeks duur tot 27 Desember.

RSG word op 100 FM tot 104 FM uitgesaai.

Meer oor:  Esté Gross  |  Radio  |  Musiek  |  Volksliedjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.