Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
RSG: Luister nou soggens na Amore
Amore Bekker

Dit gaan Maandag op RSG Alhoebekker gaan wanneer die omroeper Amore Bekker in ’n nuwe tydgleuf begin uitsaai.

“Want Bekker rym met lekker,” sê Bekker wat Tjailatyd Vrydag vir die laaste keer aanbied.

“Ek gaan nou soggens vroeër opstaan, maar ek is ’n oggendmens, so ek sien nogal uit daarna.”

Van Maandag af verander die programskedule op RSG.

Alhoebekker word van 09:00 tot 12:00 uitgesaai, waarna Johan Rademan en Martelize Brink van 12:00 tot 15:00 Driesestig gaan aanbied.

Van 15:00 tot 18:00 bied Willem Pelser Spitstyd aan.

Bekker se nuwe program bevat egter nog steeds ’n paar bekende insetsels soos “Blitsbrein” net ná 10:00 en “Joune” net ná 11:00.

Die boekvoorlesing, die sepie Hartebreker en die diensprogramme word ook behou.

“Hierdie nuwe program is ’n reis, maar nie na buite nie, maar na binne,” sê Bekker, wat ook na ’n paar gereelde gaste soggens gaan luister.

Antoinette Pienaar gesels elke Vrydag om 09:30 in “Antoinette sê” waarin sy oor enige onderwerp sal gesels.

Martelize Brink

Die voormalige joernalis Lizma van Zyl gesels Dinsdae oor honde en oor mense uit ’n hond se perspektief en die skrywer Annelie Botes gesels oor kanse in die lewe vat.

Sue Pyler gaan nuus lees en Veronique van Heyningin is die regisseur.

“Ek sien uit na die nuwe reis,” sê Bekker, “dit gaan lekker wees.”

Die ander programme weeksdae op RSG:

* Wakker met Renske Jacobs en Esté Gross help jou om flink en vinnig aan die gang te kom.

* In Driesestig (360 grade) vra Rademan en Brink luisteraars se mening oor stories wat die oog vang en wat die besprekingspunt op Twitter is.

Gesprekke word gevoer met mense wat ’n impak op hul omgewing en die samelewing maak. Kenners se hulp word ingeroep oor praktiese raad en om vreemde dinge te verklaar.

Haidee Muller, Jacqui January en Mariska Spoormaker is in die veld en bring interessante mense se verhale tot die driesestig-gesprek.

* In Spitstyd gaan Willem Pelser spitstye vir die luisteraars probeer makliker maak met baie musiek, sport, verkeersverslae, die weer en sakenuus. Mariëtta Kruger lees die nuus en Dave Pepler sal steeds sy weeklikse gesprek lewer.

* Luister na RSG by 100 tot 104 FM.

Meer oor:  Esté Gross  |  Annelie Botes  |  Rsg  |  Radio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.