Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Ruda vind die mens in haar gesprekke met bekendes

Ruda Landman se gesprekke met bekende Suid-Afrikaners het verlede jaar as insetsels van tien minute op kykNET se Sondagaandprogram VeranderDinge begin.

So openbarend was dit egter dat die reeks sy weg gevind het na die Afrikaanse radiostasie RSG waar dit nou as halfuurprogramme uitgesaai word.

Rachelle Greeff
Kay Karriem
Helen Zille

Die rede vir die sukses is dat die gesprekke nie gaan oor standpunte en sienings nie. Dit gaan oor die bekendes se persoonlike lewe, oor besluite, keuses en kinkels op die pad. Oor lief en leed. Dinge wat jou dalk die eerste keer laat besef daar is ’n méns agter die bekende gesig.

Ruda gesels met het in Julie begin, maar daar is nog talle bekendes om opnuut te leer ken, soos die strydlustige politieke kommentator Max du Preez, die komediant Marc Lottering, skrywer Rachelle Greeff, die Wes-Kaapse premier Helen Zille en ander.

Landman het ’n slag om hoëprofielmense se vertroue só te wen dat hulle bereid is tot persoonlike openbarings.

Die skrywer Karin Brynard het onlangs openhartig oor haar drankverslawing gepraat en Sonja Herholdt oor haar egskeiding.

Landman sê die aanvallende onderhoude waarvoor sy bekend geword het, was nooit vir haar lekker nie. “Ek hou nie daarvan om ongeskik te wees nie. Ek is nie só grootgemaak nie.”
Eerlike gesprekke wat ver verby ditjies en datjies en aanvegbare uitsprake gaan, maak haar gelukkig. En sy het ’n gawe om die sleuteloomblikke in mense se lewe te ontsluit.

Die reeks word op Donderdagaande om 20:30 uitgesaai.

Op 11 Augustus kan luisteraars saam met Landman by die skrywer Rachelle Greeff gaan kuier.

Patricia de Lille, vurige politikus en burgemeester van Kaapstad, vertel op 18 Augustus wat die keerpunt in haar lewe was.

Die darling van Darling, Evita Bezuidenhout/Pieter-Dirk Uys (25 Augustus), gesels oor die intieme gebeure wat haar/sy lewe verander het.

Kay Karriem (1 September), ’n vasbyter en raakvatter-redakteur van Kuier, die grootste tydskrif in die land, het jonk-jonk ’n beroerte oorleef, en Max du Preez (8 September) vertel van die keer toe hy uit ’n brandende vliegtuig gekruip het.

Op 22 September sal luisteraars verneem wat die voormalige DA-leier Helen Zille tot stilstand gebring het, ’n gebeurtenis wat baie Suid-Afrikaners laat kopkrap het.

En ten slotte kan op 29 September saam met Marc Lottering gelag en gehuil word. Dit het dié seun van ’n pastoor ’n jaar geneem om uit die kas te klim.

Meer oor:  Ruda Landman  |  Rsg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.