Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
SA se beste ysskaatsers in ‘Fire and Ice’-skouspel
Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck in Die voordele van Eierwit.

’n Ysskaatsvertoning wat van speenoud tot beenoud van opwinding uit hul stoele sal laat opspring, is die topverkoper op die Innibosfees. Dié Fire and Ice-skouspel deur Suid-Afrika se beste ysskaatsers word in die I’langa Mall aangebied en is nie verniet ’n wenner nie. Die soort produksie is ’n nuutjie op ’n kunstefees.

Die Donkie met Frank Opperman is in die tweede plek. Die feit dat Opperman beloof “jy gaan lag dat jy lê” gee waarskynlik die deurslag vir die gewildheid van die toneelstuk.

Opperman vertolk die rol van mnr. Barry Swart, of Donkie soos die kinders hom noem, die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool wat vinnig agteruitgaan.

Kom luister hoe Donkie sy kant van die saak stel nadat hy oorweeg het om te bedank.

My Seuns, ’n familiedrama met ’n rits bekende akteurs, is die derde beste verkoper. Sandra Prinsloo, Louw Venter, Sandi Schultz, Edwin van der Walt, Buhle Ngaba en

Donovan Pietersen gee gravitas aan die storie oor die ouma se verjaardagpartytjie wat op ’n chaotiese ramp afstuur. Dit lyk of geeneen van die familielede om dieselfde vuur sit nie.

Die ewe bekende sanger Leslie Javan verskaf die musiek en met Christo Davids as skrywer en regisseur is hierdie ’n wenspan.

Die voordele van eierwit, in die vierde plek op die topverkoperlys, het niks te doen met kosmaak of koekbak nie. Dit gaan oor hart-oopmaak wanneer twee susters in ’n hysbak vassit. Die susters word gespeel deur Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm. Humor is dus nie uitgesluit nie.

Die Sjokolade-show, op nommer vyf, is ’n versameling stories met sjokolade as tema. Party stories is snaaks, ander hartseer, party tragies, ander lighartig, wat wel konstant is, is Lizz Meiring en Jak de Priester, wat die keer nie sing nie, maar sy lyf akteur hou.

Die regisseur Henriëtta Gryffenberg het verskeie skrywers se tekste sinvol georden en laat dit gestalte kry.

Meer oor:  Ysskaats
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.