Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
SA verloor 2 fenomenale mense, sê minister oor dood van akteurs
Menzi Ngubane Foto: Verskaf

Suid-Afrika en die wêreld het twee fenomenale mense verloor.

Só het Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, gereageer oor die afsterwe van die twee akteurs – Menzi Ngubane (56) en Noxolo Maqashalala (44). Boodskappe van medelye het die naweek ingestroom ná die dood van Ngubane en Maqashalala.

Mthethwa sê in ’n mediaverklaring hy is geraak oor die afsterwe van dié twee akteurs.

“Die sektor is beroof in ’n tyd waarin daar soveel spanning in die bedryf is weens die ekonomiese ineenstorting en bestaande uitdagings.”

Mthethwa sê Ngubane was ’n ikoon en ’n bekende en baie geliefde openbare figuur.

Ngubane was bekend vir sy rolle in Kwakhala Nyonini, Generations, Isibaya en The Queen. Hy het ook in die fliek In My Country teenoor Samuel L. Jackson gespeel. Die fliek is gegrond op Antjie Krog se boek Country of My Skull.

Volgens ’n verklaring van Ngubane se familie het die veteraanakteur Saterdag weens beroerte-verwante komplikasies by sy huis in Ladysmith, KwaZulu-Natal, gesterf.

Noxolo Maqashalala Foto: Verskaf

Hy het jare lank ’n stryd met niersiekte en diabetes gevoer. Ngubane word oorleef deur sy vrou, Sikelelwa, en twee dogters.

Maqashalala, wat bekendheid verwerf het in die jeugdramareeks Tsha Tsha, se lyk is Vrydag in haar huis in Honeydew in Johannesburg gevind. Daar word vermoed dat sy reeds vir ’n week dood was voordat ’n familievriend haar lyk Vrydag ontdek het. Volgens kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder in Gauteng, is die oorsaak van Maqashalala se dood nog onbekend en is ’n ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Maqashalala het ook in Generations, Rhythm City en Intersexions gespeel.

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, sê die veelsydige en voorbeeldige kunstenaars se ontydige dood laat ’n leemte in die bedryf.

“Hulle het Suid-Afrikaanse verhale op ’n aangename manier vertel en bygedra tot die groei van die vermaaklikheidsektor in die land. Hulle sal onthou word vir hul ontsaglike talent en hul toewyding aan hul ambag. Hulle het hul talente op ’n konstruktiewe manier gebruik.”

Meer oor:  Noxolo Maqashalala  |  Nathi Mthethwa  |  Menzi Ngubane  |  Akteurs  |  Afsterwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.