Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Shaleen: Minister huldig aktrise ná skielike dood

Shaleen Surtie-Richards het haar hart en siel gestort in elke karakter wat sy vertolk het.

So sê Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, in ’n verklaring nadat Surtie-Richards (66) Maandag dood in ’n gastehuis in Kaapstad gevind is.

Nathi Mthethwa, minster van sport, kuns en kultuur. Foto: Craig Nieuwenhuizen

“Haar warmte en sin vir humor was aansteeklik en haar talent het haar internasionale roem besorg,” lui die verklaring.

Shaleen Surtie-Richards Foto: Rina G. Coetzee/SA legendesmuseum

“Ons sal haar met genoegdoening onthou vir haar ikoniese rolle in flieks soos Fiela se kind, Mama Jack, Treurgrond en Vaselinetjie. Sy het elke rol in ’n visuele meesterstuk verander.”

Surtie-Richards word onthou vir haar rolle as Nenna in die sepie Egoli: Plek van goud en Mattie in Generations.

Sy het verskeie pryse gekry, wat ’n eerbewys vir lewenslange bydrae op die Royalty-sepiepryse in 2014 insluit.

Die departement van sport, kuns en kultuur deel hul simpatie aan Surtie-Richards se familie, vriende en kollegas.

“Vlieg hoog, koningin van televisie, flieks en teater.”

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  Shaleen Surtie-Richards  |  Kaapstad  |  Aktrise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.