Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Skryfwedstryd net uitgestel

Die landwye skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging het soos die meeste aktiwiteite weens die Covid-19-pandemie ook in die slag gebly.

Corlietha Swart, die voorsitter van die BSV, benadruk egter dat dit uitgestel en nie afgestel word nie.

Ook die slypskool in Augustus is in oorleg met die aanbieders Bernard Odendaal en Hans du Plessis uitgestel.

Swart sê sy is oorval deur oproepe van mense oor die land heen wat benoud was oor hul inskrywings wat gestuur is, maar nie betyds afgelewer kon word nie.

Sy stel dus almal gerus dat geen inskrywing te laat sal wees nie, maar versoek diegene wat nog nie hul skryfsels gestuur het nie, om dit tot verdere kennisgewing tuis te hou.

“In dié stadium is dit onmoontlik om nuwe datums te verstrek. Sodra sekerheid oor inperkings van die regering verkry is, sal die BSV-bestuur datums vir inskrywings en die slypskool kan vasstel,” sê Swart.

Sy kon gelukkig ’n geleentheid na Bloemfontein reël vir die Hoërskool DF Malan in Bellville se boks met honderde inskrywings wat gereed was net toe die inperking in werking getree het. Dié skool oorheers die afgelope jare al die skoleafdelings.

Swart stel voor dat mense in die wagtyd nog stories vir die wedstryd skryf.

Navrae kan gestuur word na bloemsv@gmail.com.

Meer oor:  Uitstel  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.