Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
STEM: Wat is jou gunsteling-sepie?
Die hoofkarakters in Netwerk24 se aanlyn blitssepi
Die hoofkarakters in Netwerk24 se aanlyn blitssepie, Die Testament. Van links na regs: Amrain Ismail-Essop as Sandra Maritz, Andahr Cotton as Jacques Weyers, Rolanda Marais as Annchen Weyers en Nico Panagio as Bastian Weyers.

Netwerk24 het vandeesweek aangekondig dat intekenare eersdaags 'n sepie op dié nuusplatform kan kyk.

LEES OOK: GROOT NUUS! Aanlyn blitssepie begin eersdaags op Netwerk24

Die Testament is ’n aanlyn blitssepie wat deur VIA en Netwerk24 vervaardig word en op Netwerk24 uitgesaai gaan word.

Netwerk24-intekenare kan elke weeksdag na ’n vyf-minuut-episode van die sepie op Netwerk24 kyk. Die eerste episode sal op 2 September beskikbaar wees.

LEES OOK: Rolanda Marais oor haar nuwe karakter

LEES OOK: Die Testament: Ons kuier agter die skerms

Die Testament handel oor die superryk Weyers-gesin wat geruk word deur die patriarg, Sebastian Weyers, se skielike dood. Bastian, die oudste broer, Annchen, die vredemaker-suster, die rebel van ’n jonger boetie, Jacques, en Sandra Maritz, Sebastian se lewensmaat van die afgelope vyf jaar, kom dan bymekaar vir die lees van die testament. Maar daar wag ’n hele paar verrassings op hulle . . .

Meer oor:  Via  |  Amrain Ismail-Essop  |  Nico Panagio  |  Andahr Cotton  |  Rolanda Marais  |  Dietestament  |  Blitssepie
Stem
Resultate
STEM: Wat is jou gunsteling-sepie?
  • 9%
    7de Laan
  • 18%
    Suidooster
  • 59%
    Binnelanders
  • 4%
    Arendsvlei
  • 9%
    Getroud met rugby
  • 1%
    Isidingo
  • 0%
    Muvhango
  • 0%
    Generations
  • MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.