Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
TikTok deel R860 000 aan SA sterre uit

Die sosialemediaplatform TikTok het R860 000 aan 20 Suid-Afrikaners uitgedeel om video-inhoud vir dié platform te skep.

Luidens ’n mediaverklaring is die geld toegeken nadat 100 plaaslike TikTok-gebruikers die platform se Rising Voices-ontwikkelingsprogram bygewoon het.

Dié program, wat in samewerking met die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) aangebied is, het onder meer slypskole oor die skep van inhoud vir die platform ingesluit.

Die 100 deelnemers het in die program saam 9 800 inskrywings op TikTok gemaak, wat meer as 2,1 miljoen keer gedeel is en 839 miljoen keer gekyk is.

Die top-20-deelnemers het die R860 000 saam ontvang om bykomende inhoud te skep en ten minste tien inskrywings elk op die platform te maak. Hulle sal ook mentorskap by TikTok kry in ’n poging om die gehalte van die inhoud op die platform te verhoog en Afrika-gebruikers op die platform in die kollig te plaas.

Boniswa Sidwaba, TikTok se inhoudsbestuurder in Afrika, sê in ’n verklaring Suid-Afrikaanse TikTok-gebruikers is van die beste ter wêreld.

“Ons vertrou dat die vaardighede wat hulle geleer het en die gesprekke wat hulle gevoer het, hierdie generasie van inhoudskeppers sal bemagtig om ’n blink toekoms vir hulself te skep.

“Die moontlikhede op TikTok is werklik ontelbaar.”

Makhosazana Khanyile, NFVF-hoof, sê dit was ook vir hulle wonderlik om dié “baanbrekersprogram” aan te bied.

“Ons is baie bly om geleenthede te steun wat jong inhoudskeppers help om toekomstige entrepreneurs te word deur hulle te leer hoe om alle media te gebruik en hoe om geld uit hul idees te maak.”

Die top-20-deelnemers, wat almal op TikTok opgesoek kan word, sluit in brwnskn, callherthato, doctor.siya, hallebberry, kaylakimkay, keraramz, khanyisa_jaceni, king.grrrr, lxndi.nkengana, moghelingz, mrsizwe_sir, nchls_b, paballokgware, perimaskitchen, Refiloe.pinkpanther, sphokuhle.n, thando.khumalo, thereal250goat, thozimusic en Witney8.

Besoek hierdie webblad vir meer inligting oor al 100 TikTok-gebruikers wat aan die Rising Voices-ontwikkelingsprogram deelgeneem het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.