Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Trevor Noah ding teen Ellen D mee om Grammy
Trevor Noah, Suid-Afrikaanse komediant en TV-aanbieder.Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is benoem vir ’n Grammy-prys vir die beste komediealbum.

Noah het Woensdagoggend (Amerikaanse tyd) getwiet dat hy wakker geword het met die nuus dat hy vir ’n 2020 Grammy-prys benoem is.

“Ek is so dankbaar,” lui sy twiet.

In die kategorie ding Noah se album Son of Patricia mee met Relatable van Ellen DeGeneres, Sticks & Stones van Dave Chappelle, Quality Time van Jim Gaffigan en Right Now van Aziz Ansari.

Die 62 Grammy-toekennings sal op 26 Januarie 2020 in Los Angeles aangebied word om die beste opnames in die musiekbedryf van tussen 1 Oktober 2018 en 31 Augustus 2019 te vereer.

• Die volle lys van benoemings kan hier gelees word.


Meer oor:  Trevor Noah  |  Benoeming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.