Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
Vrystaatse Klank en Klassik begin op 1 Oktober
Die Odeion-strykkwartet: Samson Diamond, Jeanne-Louise Moolman, Anmari van der Westhuizen en Sharon de Kock. Foto: Verskaf

Liefhebbers van klassieke musiek kan solank regskuif vir die eerste Vrystaatse Klank en Klassik wat op 1 Oktober sy buiging op die virtuele verhoog maak.

Bekende musici soos Magdalene Minnaar, Anneke Lamont, die Odeion-strykkwartet en die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) gee uitvoerings, asook dosente en topstudente van die Odeion Skool vir Musiek aan die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Benewens die vyf konserte bevat die fees ook ’n klankkuns-aanbieding. Dit bied insae in die vindingryke gebruik van tegnologie vir die aanbied van musiek.

Om atmosfeer te skep vir die aanlyn konserte wat weens die inperking sonder ’n gehoor opgeneem is en dus onopwindend kan wees, is ’n kleurryke inleiding vir elke uitvoering geskep.

Dié inleiding bestaan uit ’n raaksê-teks geïnspireer deur die musiek wat volg en word roerend vertolk deur ’n professionele akteur teen die agtergrond van gepaste visuele beelde.

Magdalene Minnaar open Vrystaat Klank en Klassik met ’n program wat van Bach tot uittreksels uit die musiekspele insluit. Foto: Verskaf

Daarna wys die musici kortliks op kenmerkende elemente van die musiek, waarna die uitvoering begin.

Luisteraars wat meer wil weet van die musici en die musiek kry geleentheid om deur Zoom en Facebook regstreeks aan ’n gesprek deel te neem.

’n Program so volledig soos dié wat in teaters beskikbaar is en byderhand gehou kan word, verskyn op die webwerf van die Vrystaat Kunstefees by www.vrystaatkunstefees.co.za. Dit bevat programnotas en agtergrond oor die kunstenaars.

Al die konserte kan reeds van vroeg op die dag van die bekendstelling gekyk word en is vir minstens 14 dae daarna nog beskikbaar.

Met die koop van een kaartjie kan ’n konsert in die eerste 48 uur vanaf die eerste keer se luister, nog verskeie kere besoek word. Daarna moet weer ’n kaartjie gekoop word om weer op ’n reeds besoekte konsert in te skakel.

Die regstreekse gesprekke met die musici vind om 19:30 op die bekendstellingsdag plaas.

Al wat belangstellendes moet doen om aan die gesprekke deel te neem of net daarna te luister, is om ’n e-pos te stuur na isabel.lock@gmail.com. Sy sal die Zoom- en Facebook-skakel stuur waarop geklik moet word om deel van die virtuele gesprek te wees.

Die konsertprogram is:

1 Oktober: From Broadway to Baroque met Magdalene Minnaar (sopraan) en Maryke Johnson (klavier).

2 Oktober: Hidden Colours of the Free State deur die Odeion-strykkwartet. Die musici is Samson Diamond (eerste viool), Sharon de Kock (tweede viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Anmari van der Westhuizen (tjello).

3 Oktober: Diabelli-variasies van Beethoven deur Anneke Lamont (klavier).

4 Oktober: FSSO met die dirigent Alexander Fokkens en soliste Danré Strydom (klarinet), Samson Diamond en Sharon de Kock (viool).

5 Oktober: OSM-studente, -dosente en die OSM Camerata onder leiding van Elsabé Raath lewer ’n gevarieerde program. Regstreekse gesprek: Jan Beukes, die OSM se artistieke hoof, en Marius Coetzee, ontwikkelingsbestuurder, sal aan die woord wees.

6 Oktober: In the Blink of an Ear, ’n klankkuns-gesprek met Léon Snyman om 19:30. Die video is reeds van 1 Oktober op die Vrystaat Kunstefees se webwerf te sien.

• Die kaartjies kos R40 per konsert vir dié van 1 tot 4 Oktober. ’n Pakket vir al vier die konserte kos R100.

Kaartjies is beskikbaar by Webtickets en Pick n Pay.

• Die OSM-konsert is gratis, asook In the Blink of an Ear.

Besoek die Vrystaat Kunstefees-webwerf vir die feesprogram en ander inligting.

Meer oor:  Musiek  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.