Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Vermaak
‘Young Rock’ baie gewild op Showmax
Dwayne Johnson in die Showmax-reeks ‘Young Rock’. Foto: Verskaf

Die Amerikaanse akteur Dwayne Johnson is so macho soos kan kom, ’n stoeier van formaat en ’n ster in die vermaakbedryf. Wie sou kon glo dat hy op hoërskool nie ’n meisie kon kry nie?

Young Rock is ’n reeks van 11 episodes op Showmax waarin feit en fiksie oor Johnson vervleg word, maar die dele oor sy jeug is glo die waarheid.

Die reeks begin in Hawaii, waar die Johnsons gewoon het toe Johnson tien jaar oud was. Gedurende sy hoërskooljare bly hulle in Pennsilvanië en hy was in Miami op universiteit.

Dié tonele is deel van die fiktiewe verhaal van Johnson die akteur en voormalige beroepstoeier wat as kandidaat staan vir die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2032.

Johnson sê stoei is in sy bloed en vermaak lê in sy siel.

Hy het werklik langs die stoeikryt grootgeword. Sy pa, Rocky Johnson, was ’n beroepstoeier en hy en sy ma het saam gereis om sy stoeigevegte by te woon en het altyd seker gemaak dat hulle heel voor sit.

Johnson was ’n moeilike tiener, vertel sy ma, Ata Johnson, wat ook in die reeks verskyn. Johnson is as 17-jarige in hegtenis geneem vir diefstal, tjekbedrog en ’n bakleiery.

Hy het ook geen cool klere gehad nie, daarvoor was die gesin te arm, en op 15 was hy groter as sy pa – kompleet met ’n vol snor. Sy skoolmaats het vas geglo hy is ’n geheime polisieman.

Tog het meisies nie in hom belang gestel nie.

Young Rock is reeds op Showmax en in dié stadium blyk dit so gewild te wees dat ’n opvolgreeks gemaak gaan word.

Meer oor:  Dwayne Johnson  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.