Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Video
Brandkraan werk nie toe gebou in Jhb begin brand

Die blus van ’n brandende gebou in Johannesburg, wat FNB huisves, is vertraag nadat daar geen water uit die enigste brandkraan gekom het nie.

Die brand het Dinsdag kort voor 13:00 in die gebou in Hoofdstraat in Braampark in die middestad uitgebreek.

Synock Matabakho, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die brandweer moes inderhaas die brandpunte in die straat naby die gebou gebruik toe die brandkraan nie gewerk het nie.

“Wat ’n uitdaging was, is dat ons nie water van die waterkrane rondom die gebou kon kry nie. Ons moes water van die straat af kry.”

Hy sê dit maak nie sin dat so ’n groot gebou slegs een brandkraan het nie.

Daar was sowat duisend werkers in die gebou toe die brand uitgebreek het.

Ndivhuwo Mugwedi, wat by ’n nabye gebou werk, sê hy het ’n veiligheidswag ontbied toe hy gesien het daar trek rook.

“Ek het kontrakteurs gesien wat op die dak gewerk het en hulle het afgehardloop.”

’n Brand het Dinsdag kort voor 13:00 in die FNB-gebou in Hoofdstraat in Braampark, Johannesburg, uitgebreek.Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla

Zanele Ngumbela (28) sê sy het middagete by ’n nabye gebou geniet toe sy iets gesien het wat soos stof lyk.

Sy het ’n grappie gemaak en tong in die kies gesing: “The roof, the roof, the roof is on fire . . .

Ngumbela sê dit was die eerste keer in haar lewe dat sy so ’n reuse-brand sien.

Elphas Ramawela, een van die kontrakteurs, sê hy en sowat 15 kollegas was op die dak om gebreekte teëls reg te maak toe die brand uitgebreek het.

Volgens Ramawela het die brand aan die regterkant van die gebou begin en vermoed hy dit was ’n kortsluiting.

Lt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, sê drie van die vier verdiepings is in die brand beskadig.

“Daar was werkers op die boonste verdieping toe die brand uitgebreek het. Die gebou is dadelik ontruim. Die grondverdieping is nie beskadig nie omdat die brand betyds geblus is.”

Hy sê dit is tans onbekend hoe die brand ontstaan het. Die oorsaak word ondersoek.

Matabakho sê daar was geen ernstige beserings nie. Een vrou het rookinaseming opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.

Die polisie het ’n saak van brandstigting aanhangig gemaak.

Die oorsaak van die brand en hoekom die brandkraan nie gewerk het nie gaan ondersoek word.

FNB se geboubestuurder, wat nie sy naam gou gee nie, het verdere navrae na die bank se hoofkantoor verwys.

* Sedert hierdie berig gepubliseer is, het FNB dit onder Netwerk24 se aandag gebring dat die gebou aan JHI Properties behoort en dat die bank die perseel huur. FNB het onderneem om later nog vrae oor die voorval te beantwoord.

Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla
Foto: Felix Dlangamandla

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.