Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Video
Jeugdag: Ons stories, ons plek

’n Gestremde wat elektriese toebehore regmaak, ’n onderwyser wat in die berugte ‘Chicago’ grootgeword het maar deesdae voor in die klaskamer staan en leerlinge lei en ’n man wat die stryd teen dwelms gewen het.

Dis maar van die stories wat uit Elsiesrivier op die Kaapse Vlakte kom wanneer jy ’n paar jong mense van hierdie gemeenskap ’n foon in die hand stop en sê: “Daar gaa’t jy! Bring vir ons ’n storie terug.”

Dit was presies wat Netwerk24 gedoen het met die oog op Jeugdag wat vandag deur oud en jonk gevier – maar al te dikwels slegs deur oueres “vertel” word.

Hierdie berig bevat die video-stories waaraan tien jong mense die afgelope week gewerk het in samewerking met gemeenskapsleiers en OnsKan24. Lees meer oor die laasgenoemde se projekte hier

Maar hoekom juis Elsiesrivier?

Wel, dié deel van die Kaapse Vlakte dra swaar aan die etiket van moeilikheid. Mees onlangs het die moord op Courtney Pieters (3) die kollig hier laat val op lewensomstandighede. Selfs pres. Jacob Zuma het op 18 Mei hier kom besoek aflê om sy kommer en medelye te betoon.

Maar is hier dan net slegte nuus? Moenie glo nie. Ek self kom uit Elsies uit en weet al te goed wat die probleme en struikelblokke is, maar ek is ook oortuig daarvan dat jou omstandighede glad nie jou toekoms bepaal nie. Dit beïnvloed wel jou sienswyse, selfvertroue en diesmeer, maar bepaal definitief nie jou toekoms nie. Hiervan kan ek beslis getuig.

Skielik was daar ’n buzz onder die kinders, met die interessantste storie-idees wat na vore gekom het.
OnsKan24-span

As jy my as tiener moes vra of ek ’n mediapersoonlikheid wil wees, sou ek heel waarskynlik gesê het dit sal lekker wees, maar ek kan nie goed genoeg Afrikaans of Engels praat nie en dat dit in elk geval net vir sekere mense – mense van elders ... Gelukkig vir “daai tiener” was daar mense wat “hom” aan ’n paar positiewe goed blootgestel het wat “hy” nooit in Elsies sou kon ervaar nie.

Skielik was die wêreld vir my net baie groter met soveel meer moontlikhede. Om ’n lang storie kort te maak, sal ek eenvoudig sê 2017 is nou my 21ste jaar in die radio- en of mediabedryf. Gedurende daai tydperk was ek ’n radio-omroeper op gemeenskapsradio, retail-radio, asook kommersiële radio. Ek het ook internationaal uitgesaai in sowat 14 Afrika-lande op ongeveer 36 FM radiostasies en deesdae is ek kleinsake-eienaar van Double Dutch Media.

Nadat ’n ou hierdie storie met die groep jong mense gedeel het, was dit asof die mis voor die son verdwyn het en skielik was daar ietwat van ’n buzz met die heel interessantste storie-idees wat na vore gekom het en ons het geweet hulle is reg om hul eie stories te gaan soek en vertel. Op Jeugdag.

Lekker kyk!

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Tieners  |  Jeugdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.