Sers. Dominick Monana (43) is Vrydagaand deur vier gewapende mans in Bosbokrand, Mpumalanga, oorrompel en doodgeskiet in wat ’n kapingspoging blyk te wees.
Die polisie het sowat agt miljoen bewysstukke “verloor” nadat die rekenaarstelsel wat speurders help om tred te hou met forensiese monsters wat op misdaadtonele versamel word, afgeskakel is weens ’n dispuut oor wanbetaling.
’n Senior staatsaanklaer moet besluit of ’n persoon met ’n sportnutsvoertuig soortgelyk aan dié van die RSG-omroeper Johan Rademan en wat ’n tienjarige meisie raakgery het, strafregtelik vervolg kan word.
Ná twee wedstryde in die Superrugby Aotearoa-reeks is die Crusaders steeds onoorwonne nadat hulle die Hurricanes behoorlik ore aangesit het.
Die gedagte dat hy die Proteas tot iets baie spesiaals kan lei, laat Temba Bavuma se hart vinniger klop.
Moenie jul koppe breek om wonderwerke te probeer verrig nie. En onthou, my deur staan altyd oop. Dít is die boodskappe waarmee Graeme Smith, Suid-Afrika se direkteur van krieket, die twee nuwe Protea-kapteins, Temba Bavuma en Dean Elgar, se senuwees die afgelope week in bedwang probeer bring het.
Suid-Afrika se ekonomie kan vanjaar met enigiets tussen 2,8% en 5% groei as ’n paar dinge vir ons reg verloop.
Op 30 Junie eindig ’n belastingaansporing wat vir die afgelope dekade individue aangemoedig het om in waagkapitaal-maatskappye te belê.
Die belastingaansporing vir indiensneming van jong werkers is die goedkoopste vorm van werkskepping in die land, meen kenners.
In Menseregtemaand van hierdie 26ste jaar van ons demokrasie, gegrond op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, is rassisme steeds met ons.
Hy het nooit as te nimmer gesê die DA wil in koalisie met die ANC gaan nie, sê die DA-leier, John Steenhuisen.
’n Belangrike uitspraak in die Kaapse hooggeregshof kan dit vir groot korporasies baie moeiliker maak om hul kritici te boelie, skryf François Smuts.
Met sy vermaaklike meta-misdaadroman Die duiwel maak my hart so seer doen François Bloemhof presies wat die agterplat beloof: Hy verbreek die reëls van misdaadfiksie, skryf Jonathan Amid.
Die briewe en onberispelike navorsing en tyd- en konteksgerigte feite in die pragboek ‘Sulke vriende is skaars’ verleen nuwe lewe aan die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis, skryf Paul Boekkooi.
‘Die kind se naam is Anneke’, wat volg op ‘Bloedvreemd’, Juliana Coetzer se blitsverkoper-debuut oor haar dogter se breinsiekte, raak die leser diep omdat dit so ’n spektrum van emosies ontlok en nuwe perspektief bring op persoonlike verlies, skryf Riette Rust.
Netwerk24 het ’n groep ervare onderwysers ingespan om ’n superspan-onnies te wees wat hoërskoolleerlinge aanlyn deur inperking help dra. Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan myskool@netwerk24.com
'n Rekordgetal leerlinge het vanjaar aan Netwerk24 se algemenekennis-kompetisie, Blitsbrein Junior, deelgeneem. Dié kompetisie word saam met Beeld, Die Burger en Volksblad aangebied.
As jy deesdae na sekere televisie- en radio-advertensies kyk en luister, sou jy nie sê die wêreld is in die wurggreep van die Covid-19-pandemie nie. Hoekom nie? vra Landi Slatter.
Covid-19 het 2020 genagmerrie. Aan die motorfront is baie motors lank ná hul bestemde datum bekend gestel, maar daar wás hoogtepunte. Egmont Sippel noem ’n laaste klompie.
Suiker en glukose, produkte van verfynde wit stysel soos rys, aartappels, pasta en brood veroorsaak inflammasie en ’n magdom spysvertering- en bloedsuikerprobleme.
Lekker. Dié woord duik telkens op wanneer die aktrise Elani Dekker verwys na die episode in Netwerk24 se sketskomedieprogram, Ben & Bez, wat sy saam met die maltrap duo Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout geskiet het.
Bok-buksie "Faf de Klerk" reik onophoudelik uit na ‘n olike jong seun.
Die akteurs en komediante Bennie Fourie en Schalk Bezuidenhout is die hoof- en onderhoofseun van Afrikaanse komedie.
Waldimar Pelser is redakteur van Rapport en aanbieder van 'In Gesprek' op kykNET.
Blouwillem is 'n voorheen bevoordeelde, tans geseënde middeljarige man.
Murray La Vita is 'n bekroonde rubriekskrywer en profielskrywer vir Netwerk24.
Johann Maarman is eindredakteur by Die Burger en 'n bekroonde rubriekskrywer.
Nathan Trantraal is 'n strokiesprentkunstenaar en digter van Kaapstad.
Leopold Scholtz is 'n vryskutjoernalis en politieke kommentator.
Barnard Beukman is die redakteur van Beeld.
Gert Coetzee is redakteur van Volksblad.
Herman Lategan is 'n skrywer wie se rubrieke in 'Binnekring van Spookasems' gebundel is.
Sonja Loots is 'n dosent aan die Universiteit van Kaapstad en bekroonde outeur.
Sarel van der Walt is 'n joernalis vir Netwerk24 en 'n voormalige Londen-korrespondent vir Media24.
Charles Smith is Netwerk24 se nuusredakteur in Bloemfontein.
Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.