Jy kan die skons warm of koud voorsit met ekstra botter en ’n vulsel soos gerasperde kaas, konfyt, brosgebraaide spek of wat ook al jou maag laat grom.



Vir 6 skons
Voorbereityd 5 minute
Gaarmaaktyd 10 minute per skon



  • 5 eetlepels kookolie
  • 2 eiers
  • 1½ koppie melk
  • 2 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 2 koppies gerasperde cheddarkaas
  • 1 knippie sout



Spuit die jaffelpanne met kleefwerende sproei. Gebruik meer as een op ’n slag, anders gaan jy lank staan en bak.

Meng al die bestanddele saam in ’n bak en skep lepels vol beslag in die panne.

Bak die skons oor ’n gasplaat tot gaar – sowat 10 minute elk. Draai die jaffelpan elke minuut om sodat jy kan seker maak die skons bak aan albei kante eweredig gaar.

Moenie die plaat te warm draai nie; die skons sal buite brand en binne rou wees.