Maak ’n smaaklike en vullende aartappelpankoek – ja, op die vuur of op jou kampstoof. 


Jy benodig
(genoeg vir 4-6 )

• 750 g aartappels
• 2 sprietuie, gekap
• ’n hand vol pietersielie, fyngekap
• 60 g botter
• sout en swartpeper
• 1 bakkie (250 g) suurroom
• ’n hand vol grasuie, fyngekap


Só maak jy

1. Sit die aartappels in ’n  kastrol met koue water, verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir 10 minute prut. Gooi dan die water af en laat die aartappels heeltemal afkoel.

2. Trek die skilletjies af en rasper die aartappels. Meng die sprietuie, die helfte van die pietersielie en die botter en geur dit met sout en swartpeper.

3. Verhit ’n kleefvrye pan (20 cm in deursnee) oor matige hitte, druk die aartappelmengsel stewig daarin plat en braai dit vir 15 minute. Glip die rösti uit die pan uit op ’n bord, draai dit om, sit dit met die gebraaide kant na bo terug in die pan. Braai die aartappelkoekie vir nog 10 minute.

4. Meng die suurroom met die res van die pietersielie en grasuie, geur dit met sout en swartpeper en sit die rösti voor met die suurrom en gebraaide kersietamaties.


WegSleep sê: Sit jou rösti lekker warm voor saam met enige vis- of vleisgereg.