Vir 4-6 | Voorbereityd 15 minute | Baktyd 1 uur

Jy benodig

• 1 koppie bruismeel
• ’n knippie sout
• 1 teelepel koeksoda
• 1 eier
• ½ koppie geelsuiker
• 2 eetlepels gouestroop
• 1 eetlepel botter
• 1 eetlepel asyn
• 1 koppie melk
• 1 blikkie (410 g) tertappels of -pere, gedreineer

Vir die sous

• ¼ koppie donker bruinsuiker
• ½ koppie sterk rooibostee, kokend
• ¼ koppie botter, in blokkies gesny
• 1 koppie Amarula-likeur (of ingedampte melk)

Só maak jy

1. Meng die meel, sout en koeksoda.

2. Klits eier en suiker totdat dit dik en liggeel is en meng die meel en die res van die bestanddele (behalwe die appels) daarby in totdat dit net-net gekombineer is.

3. Gooi die slap beslag in ’n klein, gesmeerde potjie (of oondbak). Rangskik die appels bo-op die beslag. Sit die deksel op en sit ’n paar kole op die deksel. Bak dit vir 45 minute tot die bokant goudbruin is en ’n mes skoon uitkom wanneer jy dit in die poeding druk. (Jy kan dit ook onbedek in die oond bak teen 180 °C.)

4. Maak intussen die sous: Meng die suiker, rooibostee en botter oor matige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt het. Voeg die Amarula by en moenie dat die mengsel weer kook nie. Gooi die helfte oor die warm poeding en laat dit staan totdat dit goed ingetrek het. Sit dan die poeding voor saam met die res van die sous.