Jy benodig (Vir 4)

• 1 middelslag-botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
• 8 repe swoerdlose spek, gekap
• 2 wiele fetakaas
• 1 bossie sprietuie, gekap
• 3 groot eiers, geklits
• 1 koppie suurroom

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die botterskorsie in ongeveer ’n halwe koppie water tot net-net gaar. Gooi die water af. Geur die botterskorsie met sout en swartpeper en roer die botter by.
2. Verhit 3 eetlepels botter in ’n pan en braai die spek oor lae hitte totdat die vet uitgebraai het en die vleis begin verbruin. Dreineer dit op kombuispapier.
3. Krummel die fetakaas by die botterskorsie en voeg die spek en sprietuie ook by. Skep dit in ’n oondbak.
4. Klits die eiers en suurroom saam en gooi dit bo-oor die botterskorsie. Bak die gereg vir 30-40 minute in die oond tot goudbruin.