Jy benodig (Vir 4 blikkies van 410g elk)

• 1 pakkie (500 g) bruismeel
• 1 teelepel sout
• 2 teelepels suiker
• ½ koppie vars pietersielie of gemengde kruie, gekap
• 1-2 hande vol sondroogtamaties, fyngekap
• 1 koppie mozzarellakaasblokkies
• 1 blikkie (340 ml) bier

Só maak jy

1. Smeer die leë blikkies met botter of olie en voer die bodems uit met ’n stukkie gesmeerde bakpapier. Dit help om die brood makliker uit te keer wanneer dit klaar gebak is.
2. Gooi die droë bestanddele in ’n bak en voeg die kruie, sondroogtamaties en mozzarellakaas by. Gooi die bier by en roer die mengsel goed deur – dit sal ’n bietjie taai wees. (As die mengsel te styf is, gooi ’n bietjie water by).
3. Verdeel die deeg in 4 en maak die blikkies driekwart vol. Sit dit in warm as en skraap nou en dan nog as by. Die baktyd hang af van hoe warm die kole is – ná ongeveer 30 minute behoort die brood uitgerys en gaar te wees. Of bak dit in ’n oond teen 180ºC vir sowat 30 minute. 


Foto: Donna Lewis