Hy vertel:

"Toe ons een aand in Junie by die Okaukuejowatergat in die Etosha- nasionale park aankom, staan daar vier renosters, waaronder ’n koei met ’n kalf. Kort daarna daag nóg ’n renoster op en val een van die ander aan.

Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen

Ná ’n geveg beland die kwaadstoker in die water. Toe hy uitkom, val hy die koei met die kalf aan. Hy gooi die kalf ’n paar keer deur die lug, en val ook die laaste renoster aan.

Die volgende oggend staan net die woedende bul daar, ernstig gewond. Hy bestorm alles in sy pad, selfs ’n boomstomp. Die draad was ook uitmekaargeruk. Die kalfie het nie oorleef nie. Hoekom was dié bul so aggressief?"

Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen

Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen

Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN antwoord:

Dis beslis nie normale dominante gedrag nie. Dis moeilik om die voorval te verklaar, want ons weet nie wat vooraf met die renoster gebeur het of wat die kosbeskikbaarheid en populasiedinamika is nie. Ek het met ’n paar veeartse en kenners gesels en die konsensus is dat dié bul besig is om te klim of probeer klim in die sosiale hiërargie.

Hy is egter nog nie dominant nie. Die dominante een het hom op sy herrie gegee, maar toe dié weg is, het hy alle ander diere aangeval. Hy kon nie die dominante renosters identifiseer nie en het almal voor die voet aangeval. Die geskreeu van die kalf het van hom ’n teiken gemaak. Bulle maak selfs koeie dood in sulke gevalle.

Foto: Rieckie Hansen
Foto: Rieckie Hansen