1. Die goue uur

Die goue uur verwys na die eerste uur ná sonsopkoms en die laaste uur voor sonsondergang. In dié tyd hang die son laag bo die horison en sorg vir sagte en warm lig. Geen filter of Photoshop-funksie gaan die lig kan naboots nie!

A post shared by Weg-tydskrif (@menseselense) on


2. Uit ’n ander hoek

’n Interessante hoek sal sorg vir dinamiese foto’s. Pleks daarvan om byvoorbeeld net voor jou voorwerp te staan en die sluiterknoppie te druk, klim eerder op jou voertuig se dakrak en neem die foto van bo af.

Of lê op jou maag en neem van onder af. As jou knieë nie vol stof is nie, doen jy dit nie reg nie!

3. Speel met tekstuur

Wanneer iemand na jou foto’s kyk, moet hulle die rooi sand van Sossusvlei of die fyn haartjies op ’n olifant se slurp kan voél! Tekstuur laat jou foto’s leef. Wanneer die son nog laag bo die horison hang en die lig teen ’n lae hoek skyn, versterk dit die impak van skaduwees en teksture.

Foto: Jon Minster

4. Sê cheese!

’n Natuurlike foto is altyd beter as waarin iemand poseer. Gesels met mense terwyl jy hulle afneem en laat hulle voortgaan waarmee hulle ook al besig is – al is dit skape voer. En volpunte as jy dit regkry om hom of haar te laat lag!

5. Op julle merke? Gereed? Raam!

Wil jy die aandag op jou voorwerp vestig? Neem dan jou voorwerp binne-in ’n “raam” af. Jy kan omtrent enigiets gebruik – ’n boom, ’n vensterraam of selfs ’n persoon se arms wat hy in die lug hou. 

A post shared by Weg-tydskrif (@menseselense) on



Skryf in vir ons nuwe aanlyn-fotokursus

Skryf hier in

Wil jy weet wat elke knoppie op die kamera beteken, en soek jy nóg wenke?

Ons is almal mal oor mooi foto’s, maar het nie noodwendig ure se tyd om daai dik kamera-handleiding te probeer ontsyfer nie.

Weg bied al ’n paar jaar lank fotografieslypskole reg oor die land aan, waar lesers by een van ons kenners leer hoe om hulle eie kameras beter te verstaan en beter foto’s te neem.

Met dié aanlyn-fotokursus wil ons dit vir amateurfotograwe nóg makliker beter foto's te leer neem. Nou hoef jy nêrens heen te reis nie, jy kan die lesse in jou eie huis (en teen jou eie pas!) onder die knie kry én dis heelwat goedkoper as om ’n slypskool by te woon.

Koste: R950 (eenmalig) 

Lees meer hier



Foto: Sam Reinders